Dis verbasend hoe erg die Afrikaanse media nog aan Russophobia ly.
Alles is verkeerd hieroor. Hoekom? Gedurende die ABO het Tsar Peter, die laaste Tsar van wit Rusland, die Boere se saak ondersteun. Die Russiese media het tydens hierdie oorlog pro Boere-verslaggewing gedoen. Die ironie van die geo-politiek van daardie tyd was die koninklikes familie was van mekaar en ook met kolonialisme die wêreld oorheers het. Die verdere ironie is dat Keiser Wilhelm familie was van die Tsar en ook van koningin Victoria. Uit hierdie geo-politieke familie-dispute, het WO 1 in 1914 begin. Verder was dit keiser Wilhelm wie vir Lenin in Oostenryk genader het en die Russiese rewolusie gefinansier het. Selfs die VSA het gedurende WO1 met hul Polar Bear Expedition Siberië ingeval, maar agv die winter, misluk om die wit Russe se weerstand te laat slaag teen die Rooi Russe. Tog kan nie een enkele sg joernalis die verskil verduidelik tussen ’n wit en rooi Rus.
Al wat goed is, is politieke korrektheid vir SA media, nie wat feitlik is nie.
Die Moskouse staatsuniversiteit het Afrikaanse department wat grade aanbied tot op Meestersgraadvlak. Die VSA het nie eens moedertaal-onderrig vir inheemse bevolkings bv Cherokee nie.
Is dit nie tyd om dan buite die 'apartheidsboks van Totale aanslag-mentaliteit ' te dink oor die Russiese Federasie nie? Waarom reis Gordhan dan nooit na die Russiese Federasie om beleggers te werf binne die BRICS-gemeenskap nie?
Ly Gordhan ook aan apartheids-Russophobia?
Ek wonder net.
Hans Richardt


Kommentaar
Ek het 'n sagte plek vir die Russe; een het saam met my oupa gedurende die Engelse oorlog geveg. En hulle musiek is fantasties.
Jan Rap, die gerugte in media is dat Gordhan en adjunk juis gepos was omdat hul erg aan Russophobia gely het en pro Soros was.
Selfs die FAK het kontak met Afrikaanse Russe gemaak, toe die 6 studente Afrikaanse kultuurreis gedoen het.
Tyd om ons uit VSA politieke korrekte geo-politiek los te maak en agter die emosionele 'ystergordyn' te kuier. George Soros was jood wie deur sy Nazi buurman in Hongarye groot gemaak was en nou hierdie onbeholpe strewe het om oral fascisme dmv sg 'lentes' te vestig deur nie-regeringsorganisasies te finansier globaal, om die sisteme te ondermyn sogenaamd in naam van demokrasie. Afrikaans must Fall was deel van so projek, so ek is nie politieke korrektheid Soros ondersteuner nie. Na alles verstaan buitelanders nie Art 235 van Grondwet se omvang nie, hul denke is gefokus op geforseerde etniese amalgamasie.
Russophobia is die gevolg van intense en onophoudelike Westerse propaganda oor dekades. Hul hoofstroom media wat lakeie is in die hande van hul magsbehepte politici is die voorbokke en neem die leiding. Hierdie hoofstroom koerante en TV stasies sien hulle bydrae as 'n soort 'patriotisme' wat uiteraard erg verwronge, verdraaid en vals is. Die resultaat daarvan is dat die mens 'n leuen leef ... en daarmee wegkom.
Dit is altyd gerieflik om 'n (kunsmatige) "vyand" te skep wat jou "bedreig" en teen wie almal saam moet staan - wie onthou nie nog PW se "Rooi Gevaar nie?" In Rusland se geval het veral Amerika daarin geslaag om so 'n beeld by die massas aldaar maar ook in Europese lande te vestig. Berigte in Suid-Afrikaanse media is gevolglik en gewoonlik 'n oorwegende oorskryf van daardie soort artikels en verslae; doodgewoon, lui joernalistiek. Mense dink nie of vors nie sogenaamde "feite" na nie. Alles wat opgedis word, word goedgelowig aanvaar as die "waarheid." (Darem stadig besig om te verander danksy sosiale media al het sosiale media maar ook sy kopseer en probleme).
Hedendaagse “Rooi Gevaar” berigte wat weer oral opvlam is verouderd en uitgedien net soos die joernaliste se Rip van Winkels berriggewing wat vasgevang is in die vorige eeu. Met net 'n bietjie moeite sal gou vasgestel word dat dit inderwaarheid Amerika is (gesteun deur die Westerse Navo-lande) wat by uitstek die aggressors en groot gevaar is - en ook meesal verantwoordelik is vir die chaos wat wêreldwyd op dreef is. Amerika se inkonsekwente inmenging in Afganistan, Pakistan, Sirië en Libië (onwettig!), Yemen, Bahrein en talle ander lande het veral die Midde-Ooste in chaos gedompel. Die miljoene vlugtelinge is 'n direkte gevolg van Amerika en NAVO se politieke beleid en, oor Irak waar 'n oorlog op leuens geveg is en honderde duisende mense ontwortel is en gesterf het, wil mens nie eens praat nie.
'n Wêreldwye GALLUP meningspeiling het onlangs bevind dat Amerika die grootste gevaar vir wêreldvrede inhou maar hierdie werklikheid en feite sal selde of ooit aan die groot klok gehang word. Dit kan ook nie anders nie want met amper 'n duisend militêre basisse regoor die wêreld, en 'n beleid van "Regeringsveranderings" kan en sal daar nie vrede kom alvorens hierdie absurditeit reggestel word nie.
Die ontstaan van terroristegroepe soos Alkeida en ISIS is boonop die direkte gevolg van Amerika se onverantwoordelike beleid en optredes, iets wat verbasend genoeg deur President Obama erken is. En terwyl Amerika en die Weste neus optrek vir die gruweldade van ISIS, verskaf hulle self wapens en hulp aan Saoedi-Arabië wat presies dieselfde doen. Vrydae word mense wat "oortree" se koppe in die openbaar in strate afgekap en nie 'n woord word gerep nie. Nog minder lees mense daarvan. Die lys is bloot te lank om hier volledig te skryf oor die "wonderlike" Amerika wat aan almal loop en vertel dat hulle die wêreld se meerdere is en alleen weet wat goed en in almal se belang is. Wat 'n grap! En terwyl Amerikaners bang gepraat word met al die vreesaanjaende aanslae teen hulle, vertel die feite 'n ander verhaal en sien jy dat die polisie in Amerika meer van hulle eie mense doodskiet as wat daar deur terroriste gedood word.
Dog, en teen die agtergrond word die wêreld steeds wysgemaak dat Rusland die groot gevaar en aggressor is waarvoor daar natuurlik geen bewyse is nie. Net soos daar tot op hede geen bewys gevind kon word dat Rusland in Amerika se verkiesing ingemeng het nie alhoewel die valse propaganda voortduur. Wat wel 'n maand terug bewys is, is dat die Amerika se CIA ingemeng en gespioeneer het op Duitsland en Frankryk se kandidate en self Mev Merkel afgeluister het. 'n Bohaai daaroor? Nooit gesien nie, dis mos Amerika!
En asof dit dit nie genoeg is nie, neem Amerika tans weer die voortou saam met Navo-lande deur uittartend en vol bravade in Oos-Europese state met hul wapentuig te paradeer! Dis feitlik op die voorstoep van Rusland en nog ’n verbreekte belofte deur die Weste wat na die Koue Oorlog in 'n belofte onderneem het dat daar geen militêre uitbreiding na Rusland se kant sou plaasvind nie. En dan is Rusland die aggressor? Asseblief!