Ruimtetuig-aarde
Neëntien-een-en-sestig, twaalf April!
Eerste ruimtevaart uit Rusland! Die
space race het begin! Kom Amerika!
‘n Maand later met Alan Shephard!
Met sy terugkoms jare later na die aarde
Was hy te swak om ‘n blom op te tel ...
Hy was te swak om blomme op te tel
Wat mense vir hom gebring het! Tun Tun Tu!
Tweeduisend-en-elf: ons sit vasgenael
Voor rekenaars en iphones en ipad en ipods!
Ons is die gevangenes van die internet! Breek weg! Breek weg! Breek weg!
Ons is die gevangenes van die groot besighede! IBM en jou BMW!
Trappe klim! Trappe klim! Yuri Gagarin moes trappe klim!
Ek wil niks doen nie!
Ek wil niks doen nie!
Ek wil minder as niks doen nie!
Ek wil nie iets doen nie!
Ek wil nie iets doen nie!
Ek kan my verbeel, ek kan my verveel!
Ek wil my verbeel die aarde is weer heel!
Trappe klim! Trappe klim! Yuri Gagarin moes trappe klim!
Die aarde is ons woning nie ...
Niemand kan meer spel nie.
Mense tune mekaar op MXit!
Trappe klim! Trappe klim! Yuri Gagarin moes trappe klim!
Want niemand kan meer spel nie
Niemand kan meer woorde spel nie
Almal is op MXit en Facebook en
Myspace wat jou space besoedel!
![]() |



