Terloops, Kaplan het die Reds so baie die voordeel van die twyfel gegee dat hy hulle bo alle twyfel bevoordeel het. Die Sharks het nogtans gewen; hulle was briljant.
Ek sien die internasionale Rugbyraad het nog nie my vorige voorstelle, soos byvoorbeeld ’n enkelrylynstaan (a,b,a,b,a,b ... as haker a ingooi en andersom as haker b ingooi) implementeer nie. Wat gaan aan? Lees hulle nie SêNet nie?
Hier’s nog ’n voorstel: Maak die bal radio-aktief en rig ’n X-straalkamera van bo-af op die doellyn wat ook radio-aktief moet wees. Die bal en die doellyn sal dan duidelik tussen die geraamtes vertoon en die TV-skeidsregter baie tyd en moeite spaar. Ook moet die kantlyne ligsensitief wees met ligte wat loodreg van bo-af op hierdie lyne skyn. Sodra die bal in die lug oor die lyn trek gooi hy ’n skaduwee loodreg onder hom op die lyn wat dan vir ’n paar oomblikke ’n donker kol laat. Die lynregter kan dan presies sien waar die bal oor die lyn is en ondersteuners baie pyn en frustrasie spaar.
Jan Rap


Kommentaar
Jan,
Hoe sal die TV skeidsregter dan weet watter span se geraamte het die bal?
En al daai radio-aktiewe goed, is dit nie gevaarlik nie? Netnou word die spelers steriel en ons wil dit nie hê nie, of hoe?
Jan
Varkspek
Phoque, ek het nie daaraan gedink nie (verskoon my Frans).
Enjee
Dit kan werk.
Ek sien baie winkels het so 'n stuk elektroniese "tag" aan veral duur items. Sodra daai ding by die deur uitgaan begin een moerse klok te lui. Nou in die gees van die bespreking stel ek voor dat so 'n ding binne die bal geplaas word en die doellyn dan so 'n "scanner" kry. Dan trip die alarm elke keer as die bal oor die lyn gaan.
Problem solved. Behalwe as die Engelse ekstra "tags" in hul toks wegsteek.
Duitswester
Duitswester, 'n blink gedagte! Dit sal werk en die tegnologie bestaan reeds. Daar moet net ook daaraan gedink word dat een of ander toeter afgaan as die bal op die grond (agter die doellyn) gedruk word want dit is nie ongewoon nie dat die bal in die lug gehou word alhoewel die baldraer oor die doellyn is.
Groete