Rugby Skeitsregters

  • 0

Ek het Jan Rap se brief gelees oor die onbekwame skeidsregter tydens die Willeperde en die Jagluiperde. Dit is al 'n holruggeryde onderwerp. Ek kan dit nie verstaan en verwerk nie. Dit gaat mijn verstand ten bove.

Ek wil ook 'n arm in die stuiwerbeurs gooi. My opinie oor enige Super 15-wedstryd waarin 'n Suid-Afrikaanse span speel is kort en saaklik. Ons spelers word deur die ore gewerk. Ek mag ook nie rugby kyk waar daar vreemde vroumense en kinders is nie. Ek kyk ook nie so gereeld rugby nie, want onregverdigheid is vir my soos 'n dolk in die hart.

My waarneming van Oostraliese en Nieu-Seelandse “skytsregters” is soos volg. Daar is ook 'n bleekbeen Skot wat skuldig is daaraan. (Kan nie nou sy naam onthou nie.) Daar is ook 'n Nieu-Seelander wat soos 'n Chiwawa-hondjie lyk wat hom erg skuldig maak aan partydigheid.

Jy kan jou "pay" op 'n weddenskap sit dat wanneer enige span op die Suid-Afrikaanse span se doellyn is en nie kan "deurkom" nie, kry die aanvallende span klokslag 'n strafskop. Die skop word gewoonlik binne gooiafstand van die pale in die middel van die veld gegee.

Die ander span se skrums kan inval, stutte op die grond druk, flanke wegbreek en enige speler oor die losskrum val, hy sal nie gestraf word nie. Maar sodra 'n Suid-Afrikaanse speler dit waag doen kry hy baie vinnig 'n geelkaart.

Ons spanne kry ook strafskoppe, maar in ons halfgebied en so ver van die pale af dat jy die pale met 'n verkyker moet soek. Enige SA-span kan teen enige oorsese span speel maar sodra die persoon by name Steve Walsch (raai die spelling) kan jy verseker weet die SA-span gaan verloor. Ek neem die ou wat die “skytsregter” op Ellis Park plat geloop het nie kwalik nie, want ek het ook al gevoel om na 'n rugbywedstryd toe te gaan om sulke “skytsregters” plat te loop.

Ek wil nie ons spelers se foute goedpraat nie, maar die oorsese spanne weet ons manne se humeure is kort en dan speel hulle die man en nie die bal nie. Daar is ook insidente waar hulle geniepsig is en ons spelers reageer. Ongelukkig word die ou wat tweede slaan gewoonlik uitgevang. Sean Fitzpatrick was 'n meester op dié gebied. Hy het die skeidsregter en die opposisie manipuleer. Ritchie McCaw is vir my 'n middelmatige speler. Hy speel op die fyn lyn van ongeoorloofde spel. Dit is of die “skytsregter” en die hulpe sien jou of nie. In die meeste gevalle sien hulle slegs die SA-spanne se "oortredings" raak.

Party van die fluitjiemanne moet hul koppe skud dat hul ore hul wakker klap. Party van hulle haal ook deur die fluitjies asem.

Skreiend man.

Reusedwerg

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top