Ruda, ’n wenk vir jou

  • 0

’n Mens beveg nie rassisme deur mense te kapittel wat jy as rassisties beskou nie, net so min as wat jy ’n kind kan beveel om van groente te hou. Dit help dus nie om, wat jy as rassisme beskou, se simptome te dokter nie; jy moet kyk wat is dit wat stereotipes vestig en/of versterk. ’n Beginpunt sal wees om jou te beywer dat huisbraak en plaasmoorde gestuit word, stugge, traak-my-nie-agtige en ongeskikte amptenare voor stok gekry word (deur wie weet ek nie, jy sal maar moet rondvra) en dat dienste soos watervoorsiening en riolering weer op standaard kom. Vir agtergrond, voor jy met jou missie begin, probeer Oom Daan se brief oor stereotipes in die hande kry.

Sterkte

Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top