Soos Max du Preez destyds getaak was deur die derde mag om ‘n toekomstige Utopia aan die Afrikaners te verkoop deur middel van RSG, so is Ian Wessels deesdae getaak om die huidige gemors te vergoeilik met sy weeklikse ‘Briewe Van Antoniem’. Max was toe suksesvol met die verkoop (daar was genoeg tropdiere) maar die produk was toe nie Utopia nie.
Die keiser is ooglopend kaal en van die diere begin mor, wil-wil uit die trop beweeg en dit is Ian se joppie om hulle gelukkig en tevree’ in die trop te hou met sy ‘Briewe van Antoniem’. Nou die Woensdag weer is die diere gemaan deur ‘Antoniem’ om nie te krities te wees op mense wat aanhoudend vir dieselfde party stem wat so wanpresteer dat daar daagliks protesopstande is deur die einstes wat vir hulle stem.
Ons dink verniet hulle is dom reken ‘Antoniem’ want, in die ou tyd, die vorige bedeling, het mense ook aanhoudend vir die Nasionale party gestem. Daar was ou ooms, reken ‘Antoniem’, wat op hul sterfbed hulle kinders laat sweer het dat hulle nooit sal ophou om vir die Nasionale party te stem nie. Hoe belaglik; hoe oningelig dink ‘Antoniem’ nie moet ons nie wees om sulke twak te glo nie. Die kiesers het vir die NP gestem omdat daardie regering presteer het; daar was water, elektrisiteit, riolering en orde.
Terloops, die NP was in bewind tot so 1969.
Jan Rap


Kommentaar
Jan, jy slaan die spyker op die kop. Ek dink die land se agteruitgang het in 1964 begin. In 1969 is die opdragte van 1964 tot uitvoering gebring. Ek weet nie of ek net sinies of te agterdogtig is nie, maar waar kom die mense vandaan wat nie die realiteite van die situasie in die land kan of wil raaksien nie. Ek is positief en het hoop vir die land mits daar sekere dinge vinnig reggestel word. Wat my egter die moer in maak is wanneer jy iets bevraagteken, leef jy in die verlede en is agter die klip ens. Hoop dinge kom reg.
Beste Reusedwerg
My kommentaar op jou kommentaar het ongelukkig nie die paal gehaal nie.
Wonder in watter jaar is Antoniem gebore? Seker in die 1990's?
Jan, waar kom jou 1969 vandaan? en dan "in bewind"? Moet 'n ou wat taalmanne probeer regsien nie van "aan bewind" skryf nie?
George, teen 1969, drie jaar na Verwoerd se sluipmoord, het die NP al so ver afgewyk van sy beleid dat hy skoon 'n ander party was. Jy kan maar sê hy was gekaap deur die PFP en, baie slim, is die naam NP behou sodat die groot gros kiesers onbewustelik saamgesleur is. Die party wat die NP-beleid bly volg het, dus die eintlike NP, was die HNP.
Reusedwerg
Soos jy sê, wanneer jy dinge bevraagteken 'leef jy nie saam met die tye nie' en is jy besig om 'te kla en te sanik'. Daar is egter niemand wat so kla en sanik soos die ontgogeldes wat hulle ontgogeling probeer wegsteek deur aanhoudend die kaal keiser se wonderlike tabberd te besing nie.
George
Jy het gelyk; dit is 'aan bewind'. So op 'n punt van orde - ek probeer nie taalmanne regsien nie; ek betreur die agteruitgang van Afrikaans wat teen die tyd so erg is dat selfs Jan Rap en sy maats nie meer ordentlike Afrikaans kan skryf of praat nie. Godsgeluk daar is ouens soos jy wat ons op die regte pad hou. Dit sal wonderlik wees as jy sulke foute aan almal, insluitende RSG, uitwys.
Daar is nie 'n persoon wat erger is as 'n ou wat ophou rook het nie. Vra my, ek is een van hulle. Ek is plein ongeskik as iemand in my geweste rook. Die ontgogeldes is die volgende naas grootste pyne in die nek. Waar kom hulle vandaan? Ek sal nooit vergeet nie. Ons agbare adjunk Sport en Plesier minister, Sjert, het in die eerste demokratiese verkiesing op die SAUK (tans Essabiesie) een of ander anderskleurige erg uitgetrap. Die toneel het in Kerkstraat voor die Pretoria-skougronde op die sypaadjie afgespeel. Waar is die man nou? Daar is ook 'n ander jong Afrikaanssprekende ANC-politikus met wie Ivor Price na die onlangse verkiesing op TV 'n onderhoud gevoer het. Die knaap het net vasgehaak by wat die ANC voor 94 gedoen het. Daar word vet mooi nokkol gesê wat hul sedertdien vermag het.
Jan Rap - jy slaan die spyker op sy kop. RSG stel in elk geval net Afrikaner-liberaliste en kripvreters aan. Almal His Masters Voice. Geen balans om die behoudende Afrikaner ook 'n stem te gee nie. Tog so ironies dat hierdie selfde kripvreters deur hul ANC-meesters geweeg en te lig bevind is. Kry vir julle! Ek heet geen simpatie met diegene wat geskors/afgedank is nie!
Nes jy daar sê Boerseun.
Algemeen oor RSG se program met Lynette Francis.
Wat het julle al bereik met al die debatte en besprekings?