"Rooiwyn" deur Chante Stroh

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Elke aand by die kaggelvuur
Drink ek uit 'n boks want die bottel is te duur
Maar die druiwe proë suur
Ek staar na jou foto teen my muur
En uur na uur
Voel hoe die horlosie my aangluur

Dis al laat
Ek is moeg om met myself te praat
Ek soek na raad
Ek hoop nie ek is te laat

Ek drink rooi wyn
Vir die pyn
Dit laat my voel soos 'n harlekyn
Maar die gedagte van jou maak my insane

Laat hy val waar hy wil
In my kop is 'n storm, maar my hart raak stil
Ek sluk 'n bitter pil
Ek moet my lewe weer met jou vul

Ek het die pyn probeer weg drink
My kristal glas blink
My hart sink
My siel verdrink
Jy kan maar vir my nog een skink

Vat weg hierdie pyn
Gee vir my 'n glasie wyn
Bring die harlekyn
Ek word mal, ek gaan insane

Al is die pyn nou weg
Ek voel nogsteeds so sleg
My kop so seer
Maar my hart sal weer probeer
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top