Rooi is die kleur van die politici

  • 25
Hallo
 
Om natuurlik geboorte skenk óf Mein Kampf te lees, bring ʼn mate van ongemak, maar vir haar wat deurdruk wag daar ʼn baba of dalk die EFF.

Kolonialisme, net soos Hitler, was nie nét sleg nie.

Partyplakkate en -biljette moet in rooi wees, besluit Adolf op ʼn dag, want: “... it has an exciting effect on the eye and was therefore calculated to arouse the attention of our opponents and irritate them. Thus they would have to take notice of us ‒ whether they liked it or not ‒ and would not forget us.”

Die word “comrades” was toe reeds immer gewild. Net soos “struggle”: “The movement ought to educate its adherents to the principle that struggle must not be considered a necessary evil but as something to be desired itself.”

En luister bietjie, oom Adolf in ʼn filosofiese luim: “The greatness of Christianity did not arise from attempts to make compromises with those philosophical opinions of the ancient world which had some resemblance to its own doctrine, but in the unrelenting and fanatical proclamation and defence of its own teaching.”

“Because of this principle, our movement must necessarily be anti-parliamentarian, and if it takes part in the parliamentary institution it is only for the purpose of destroying this institution from within; in other words, we wish to do away with an institution which we must look upon as one of the gravest symptoms of human decline.”

Klink dit bekend?

Wie sou kon dink Suid-Afrika sit ʼn 100 jaar na die Führer tjoekie toe is met sy eie mini-me-Nazipapegaai-party? Ek is teleurgesteld in die gebrek aan oorspronklikheid. 

Werklik. 

Of is Suid-Afrikaners ʼn honderd jaar agter Duitsland …? 

Henning Janse van Vuuren

  • 25

Kommentaar

  • Avatar
    Hans Richardt

    SA het sover agter geraak sedert die val van die Berlynmuur, dat baie dink hul is voor.

    Is daar nog hoop met die regstelaksie-agenda van ANC en DA?

    Iemand wat agter raak, is agv kultuur van hamster-in-wiel armoede, daar is altyd geld vir rook, drank en braai, maar nie vir wat hul uit armoede vat nie bv huishuur en basiese dienste nie.

  • Suid-Afrika se politieke en demokratiese bestel wat op die massas los gelaat is, het werklikwaar nie die gewensde uitwerking gehad nie. Jy vra of ons nie bietjie agter die tyd is nie. Jy hoef nie te vra nie. Dit is voor die hand liggend. Ek praat nie eers van 'n honderd jaar nie maar 'n driehonderd jaar "crash course" sal ons nie eers naastenby op datum bring nie. Al wat Afrika van haarself gaan red is herkolonialisasie. Ek weet nie van een staat in Afrika waar die westerse demokratiese stelsel gewerk het nie. Ek glo ook nie in die nabye toekoms ook nie.

  • Reusedwerg, jy weet nie van een Afrikastaat waar die Westerse demokrasie gewerk het nie omdat daar geen staat in Afrika is waar die Westerse demokratiese stelsel in gebruik was nie, veral nie hier by ons nie.

  • Avatar
    Hans Richardt

    Reusedwerg, al wat ons hier te lande gaan red, is selfbestuur, eie onderwys, eie mediese dienste en eie werk skep. Dis deesdae soos dinge was voor die Groot Trek in 1838... Die Groot Trek oorsee is seker nie moontlik vir almal nie?

  • Avatar
    Hans Richardt

    Jan Rap, voor 1994 was daar Nasionale Sosialisme. Na 1994 is dit een fokkop op die ander, want dis liberale chaos in oordrewe kleptokraat trant.

  • Geen regeringstelsel sal vir Afrika werk nie, veral nie 'n demokratiese stelsel nie. 'n Westerse demokratiese stelsel soos bv. Brittanje se First past the Post sal katastrofies wees.

  • Angus, dis juis al wat vir Afrika sal werk - demokrasie. Hutu's stem vir Hutu's in Hutuland, Tutsi's stem vir Tutsi's in Tustsiland, Shona's stem vir Shona's in Shonaland, Zoeloes stem vir Zoeloes in Zoeloeland, Swazi's stem vir Swazi's in Swaziland, Basoetoes stem vir Basoetoes in Basoetoeland ens. So sal almal dan ook nasietrots ontwikkel wat geweldig bydra tot eiewaarde en gevolglik dissipline.

  • Beste Jan,
    Ja, as elkeen sy eie ashopie het, maar in SA sit 'n hele klompie op een ashoop. Hier het ons meerderheidsregering. ANC stem vir ANC, Vryheidsfront stem vir VF, DA stem vir DA, ens. ANC verkry 57% van die land se stemme, VF verkry 2.38%, ens. Daarvolgens verkry die ANC 230 verteenwoordigers en die VF darem 10.
    First past the post is byna soos ons in die goeie ou dae gehad het. Die verskillende partye stel kandidate aan vir elke kiesafdeling. Slegs die kandidaat wat daar die verkiesing wen, gaan parlement toe. Die verloorders moet maar hulle dagwerkies behou. Ek glo nie die FFplus sou enige kiesafdeling gewen het met so 'n stelsel nie, en dus geen verteenwoordiging in die parlement nie.
    Waars die dae toe Gladys Steyn die pot misgesit het. Toe was die hele Vrystaat NAT.

  • Beste Angus
    Wat ons hier het is 'n mislukte staat, rommelstatus. Was dit 'n demokrasie sou die onbevoegde administrasie uitgestem gewees het, lankal. In 'n diktatorskap kan die administrasie aanhou droogmaak; dieselfde diktator, net in 'n ander gedaante, word maar telkens weer "ingestem" deur die "meerderheid".

  • Beste Jan,
    In 'n diktatorskap het niemand stemreg nie. Demokrasie in SA misluk o.a. weens die verskille in lewenstandaarde. Ongeletterdes word ingestem in sleutelposisies. Onbevoegdes word juis nie uitgestem nie.

  • Beste Angus,
    In 'n diktatorskap stem almal net solank hulle vir die diktator stem - wat effektief hier gebeur.

  • Avatar
    Hans Richardt

    Jan Rap, gewoonlik het 'n diktatorskap 1 diktator, nie 'n alliansie van organisasies nie.

  • Avatar
    Henning Janse van Vuuren

    Partykeer is dit mos of die Sameloop ʼn mens goedsmoeds wil treiter. Hier in die binnekamers van my harsings heers erge onmin tussen die torre. Gister kyk ek Boereverneukers en hoor (weereens) Paul Kruger was maar soos al die ander politieke maaiers op ʼn ontbindende lyk, ʼn kaalnek aasvoël tussen die karkasse. Op Deutsche Welle kla ʼn Nigeriese vrou sy wil nie terug Lagos toe nie, sy is geregtig op ʼn beter toekoms vir haar kind. Halala Afrika sing Johannes Kerkorrel. Máár net voor dít alles het ek Mein Kampf (weliswaar in Engels vertaal, gelees) en daarna ewe braaf met Albert Blake se Robey Leibbrandt volhard.

    Boonop kyk ek toe nog die volgende oor ‘Die Siener’: https://www.youtube.com/watch?v=a2lSgXMgRU0

    Mein Kampf het tans 29 661 graderings en 2854 resensies op goodreads. Die boek staan op 3.16 uit vyf. Die boek is dus ʼn swaargewig. Goodreads sê: ‘Hitler’s best known literary work is Mein Kampf, the political manifesto he dictated to a fellow inmate while in prison in 1924.’ 1934 word hy Führer; gebore 1889 en goddank dié wêreld in 1945 vaarwel geroep.

    Robey Leibbrandt het Mein Kampf op ʼn keer sy enigste Bybel genoem.

    Wat my nou laat dink aan ʼn staaltjie wat ek iewers gelees het. God en Mens het ooreengekom om ʼn tipe wegkruipertjie te speel waarvolgens die mens met geheueverlies aarde toe sal kom en sy siel moet kom soek. God en die engele het lank gedebatteer oor ʼn geskikte wegsteekplek. Nee, nie onder die see nie, hulle sal daar soek. Nee, nie in die wolke of berge, riviere ens. nie. Bínne in die lyf self, is uiteindelik gereken, die mens sal nooit dink om daar te kyk nie.
    Dit lyk of God en Panyaza Lesufi ʼn soortgelyke speletjie rakende sy verstand uitgedink het. Waar die verstand uiteindelik weggesteek is, is moeilik om te raai.

    Die volgende aanhalings uit Mein Kampf het ek relevant gevind:

    “Only very few of the Germans in the Reich itself had an idea of the bitter struggle which those Eastern Germans had to carry on daily for the preservation of their German language, their German schools and their German character. Only today, when a tragic fate has torn several millions of our kinsfolk away from the Reich and has forced them to live under the rule of the stranger, dreaming of that common fatherland towards which all their yearnings are directed and struggling to uphold at least the sacred right of using their mother tongue ‒ only now have the wider circles of the German population come to realize what it means to have to fight for the traditions of one’s race.”

    (…)

    “The psyche of the broad masses (losweg vertaal: die “massas brode”) is accessible only to what is strong and uncompromising. Like a woman whose inner sensibilities are not so much under the sway of abstract reasoning but are always subject to the influence of a vague emotional longing for the strength that completes her being, and who would rather bow to the strong man than dominate the weakling ‒ in like manner the masses of the people prefer the ruler to the suppliant and are filled with a stronger sense of mental security by a teaching that brooks no rival than by a teaching that offers them a liberal choice. They have very little idea of how to make such a choice and thus they are prone to feel that they have been abandoned. They feel very little shame at being terrorized intellectually and they are scarcely conscious of the fact that their freedom as human beings is impudently abused; and thus they have not the slightest suspicion of the intrinsic fallacy of the whole doctrine. They see only the ruthless force and brutality of its determined utterances, to which they always submit.
    If Social Democracy should be opposed by a more truthful teaching, then even, though the struggle be of the bitterest kind, this truthful teaching will finally prevail provided it be enforced with equal ruthlessness.”

    (…)

    “Through its own experience Social Democracy learned the value of strength, and for that reason it attacks mostly those in whom it scents stuff of the more stalwart kind, which is indeed a very rare possession. On the other hand it praises every weakling among its adversaries, more or less cautiously, according to the measure of his mental qualities known or presumed. They have less fear of a man of genius who lacks will-power than of a vigorous character with mediocre intelligence and at the same time they highly commend those who are devoid of intelligence and will-power.”

    Hitler en Robey se oordrewe nasionalisme (fanatisme) vind ek vreemd, die kompulsiewe en selfobsessiewe ‘Heil Hitler!’ en ander kwetsende liedjies soos God save our gracious Fϋhrer.

    God save our gracious Queen!
    Long live our noble Queen!
    God save the Queen!
    Send her victorious,
    Happy and glorious,
    Long to reign over us:
    God save the Queen!

    O Lord our God arise,
    Scatter her enemies,
    And make them fall:
    Confound their politics,
    Frustrate their knavish tricks,
    On Thee our hopes we fix:
    God save us all.

    Thy choicest gifts in store,
    On her be pleased to pour;
    Long may she reign:
    May she defend our laws,
    And ever give us cause,
    To sing with heart and voice,
    God save the Queen!

    “By far the most effective branch of political education, which in this connection is best expressed by the word ‘propaganda’, is carried on by the Press.” (…) “It took the Press only a few days to transform some ridiculously trivial matter into an issue of national importance, while vital problems were completely ignored or filched and hidden away from public attention.”

    (…)

    “Surely nobody believes that these chosen representatives of the nation are the choice spirits or first-class intellects. Nobody, I hope, is foolish enough to pretend that hundreds of statesmen can emerge from papers placed in the ballot box by electors who are anything else but averagely intelligent.” (…) “Secondly, among the broad masses there is instinctively a definite antipathy towards every outstanding genius.” (…) “But here five hundred persons of less than modest intellectual qualities pass judgement on the most important problems affecting the nation.” (…) “Here we are scarcely ever dealing with real brains, but only with dilettanti who are as narrow-minded as they are conceited and arrogant, intellectual demi-mondes of the worst kind. This is why these honorable gentlemen show such astonishing levity in discussing and deciding on matters that would demand the most painstaking consideration even from great minds.”

    (…)

    “It is not the aim of our modern democratic parliamentary system to bring together an assembly of intelligent and well-informed deputies. Not at all. The aim rather is to bring together a group of nonentities who are dependent on others for their views and who can be all the more easily led, the narrower the mental outlook of each individual is. That is the only way in which a party policy, according to the evil meaning it has today, can be put into effect. And by this method alone it is possible for the wirepuller, who exercises the real control, to remain in the dark, so that personally he can never be brought to account for his actions. For under such circumstances none of the decisions taken, no matter how disastrous they may turn out for the nation as a whole, can be laid at the door of the individual whom everybody knows to be the evil genius responsible for the whole affair. All responsibility is shifted to the shoulders of the party as a whole.”

    (…)

    “If the race is in danger of being oppressed or even exterminated the question of legality is only of secondary importance. The established power may in such a case employ only those means which are recognized as ‘legal’. Yet the instinct of self-preservation on the part of the oppressed will always justify, to the highest degree, the employment of all possible resources.” (…) “The world is not there to be possessed by the faint-hearted races.”

    (…)

    “The most important consideration is that the same public is always present and that this public does not wish to learn anything new; because, setting aside the question of its intelligence, it lacks even the modest quantum of will-power which is necessary for the effort of learning.”

    (…)

    “The knights of the pen and the literary snobs of today should be made to realize that the great transformations which have taken place in this world were never conducted by a goose quill. No. The task of the pen must always be that of presenting the theoretical concepts which motivate such changes. The force which has ever and always set in motion great historical avalanches of religious and political movements is the magic power of the spoken word. The broad masses of a population are more amendable to the appeal of rhetoric than to any other force.”

    (…)

    “Therefore a writer should stick to his ink-bottle and busy himself with theoretical questions if he has the requisite ability and knowledge. He has not been born or chosen to be a leader.”

    (…)

    “Undoubtedly there have always been unscrupulous rogues who did not hesitate to degrade religion to the base use of politics.”

    Dit lyk vir my of die aard van die program is om homself te herhaal – die nimmereindige swaai van ʼn pendulum. So kan almal alle kante beleef.

  • Avatar
    Henning Janse van Vuuren

    Goed gatvol vir politiek het ek reikhalsend daarna uitgesien om die fynbesnaarde Valda Jansen se ‘Hy kom met die skoenlappers’ te lees. ʼn Roman wat in die “Opsomming” soos volg beskryf word: “In dié diep ontroerende verhaal toor die skrywer soos ʼn alchemis van ouds met verdriet en spyt. Dit is ʼn liefdesroman, ʼn elegie aan verlore liefde.”

    ʼn Bietjie sielerus was my egter nie beskore nie:

    “Wit Suid-Afrikaners, selfs Duitsers wat in my land grootgeword het, is ander as julle. Hulle sal altyd anders wees, aandadig, al wil hulle dit nie weet nie.”

    (...)

    “Wit Suid-Afrikaners kan nie die wandade van apartheid ontduik nie.”

    (...)

    “Hulle is vol, sê die wit manne by die hek. Hulle staan vorentoe, versper ons uitsig, dat ons nie die leë staanplekke sien nie.
    By een van die hekke wys my pa sy weermagkaart. Die man skud sy kop meewarig. Ek is jammer, meneer, as dit van my afgehang het. Maar daar is mense hier binne wat nie daarvan sal hou nie.”

    (...)

    “Dis hier waar die wit huis gestaan het, waar die mense gewoon het wat die kinders gesê het die polisie bel as een van ons dit op die wit strand waag.”

    (...)

    “Regs van die paaltjies was ʼn onmiskenbare groot rooi bord met swart letters: strand en see slegs blankes.”

    Ek wonder of dit dieselfde gevoel is wat gays beleef wanneer die NG Kerk ʼn bord plant wat lees: kerkgebou en huwelik slegs vir heteroseksuele. Die ANC is rassisties en stamgebonde, verklaar Jesse Duarte, want bruines word bedonner; die groep waaraan sý behoort. Ek kan my goed indink hoe vernederend dit moet wees as die NG Kerk jou nie wil trou nie of slegs blankes op ʼn strand of in ʼn restaurant toegelaat word. Daarteenoor, maar oënskynlik op kleiner skaal, moes die Afrikaner ook vernedering smaak. Tydens die Anglo-Boereoorlog sterf 48 000 mense in konsentrasiekampe (https://maroelamedia.co.za/debat/meningsvormers/abo-konsentrasiekampie-hier-is-die-feite/), al wat ʼn plaas is, is afgebrand en krygsgevangenis oorsee gestuur. Die Afrikaner word jare lank deur die Britte obsedeer en tydens die Tweede-Wêreldoorlog gedwing om vir die kroon te gaan veg of geïnterneer te word. Duitsland het al om verskoning gevra en hier en daar het ʼn Afrikaner iemand se voete gewas, maar wie sal die Afrikaner om verskoning vra? (‘... but in my view it would have been particularly self-demeaning and unjust for the Prime Minister of Great Britain to apologise for the Boer War, and it is to Mr Blair's credit that he did not’. ‒ https://www.independent.co.uk/voices/no-need-to-apologise-1046255.html) Heelwat Engelse in Suid-Afrika glo steeds dit is ʼn Britse kolonie en sakrosankte soos Wim de Villiers is maar al te gewillig om te dien.

    Don’t shoot, I’m English.

    Daar was ʼn referendum, eindelik breek ’94 aan en sindsdien behoort ek ook aan ʼn groep. Ons ou groepie kyk traag toe hoe die tabula rasa uitmekaarval. Die voorheen benadeeldes (soos Julias) doen nou presies wat aan hulle gedoen is ‒ die morele hoë grond is in sy moer. Rassistiese wetgewing sluit my en my sameraapsel doelbewus uit om vryelik (onder meer) op die wit strande van Suid-Afrika se arbeidsmark te speel: Black and Brown only.

    Die topos herhaal: forever and ever, amen.

  • Avatar
    Hans Richardt

    Henning Jansen van Vuuren, daar was referendum in November 1983, vir wittes, sodat apartheidwette geskrap kon word en bruin en indiërs in parlement gesit kon word.
    Die leuens oor "bevryding" van 1994, is dat onafhanklike tuislande se burgers sommermeer stemreg in SA gekry het. Die TBVC state was eers na 1994 beëindig en geïntegreer in SA.
    Wat my kwel, is dat geskiedenis deur elke politieke korrekte opgefok word na persoonlike hoorsê smaak.

  • Aanhaling: "Die voorheen benadeeldes (soos Julias) doen nou presies wat aan hulle gedoen is ‒ die morele hoë grond is in sy moer."
    Onsin natuurlik.

  • Avatar
    Henning Janse van Vuuren

    Hei, Jan

    Jy sal my nie glo nie, maar hierdie wasmasjien van my maak nou-nou sulke pompgeluide, soos ʼn stoomtrein wat die stasie verlaat, en ek sê: “Is als reg, Bosch?” Hy gooi my somme’ : “Fuck you, man! I’m djiedjy Brown Coffee. Don’t speak that kak to me!”

    Ek moes seker van beter geweet het as om doodeenvoudig aan te neem. Wat dink jy, moet ek 'n LG kry?

  • Avatar
    Hans Richardt

    Jan Rap, ons dominee sê hy hou by negentiende putjie, liewer as rolbal. Hy sê mortaliteit is te hoog by rolbalspelers...
    In my lewe nog nooit gehoor van liberale outokratiese demokrasie nie soos in SA nie, waar Grondwethof uitsprake tot benadeling van minderregte maak nie.

  • Hans ja-nee rolbal is nie vir sissies nie; die 22ste kop is baie erger as gholf se 19de putjie. En ja, hier is nie sprake van 'n demokrasie nie.

  • Demokrasie is die grootste grap van die 19 de eeu wat nog steeds soos geloof mense verblind.

    Links en Regs soos na die Franse Rewolusie het soos mis tydens en na Napoleon verwyn. Die middeleeue se Adelikes is vandag se korporsies en bankwese. Die Elite is die nuwe konings wat lande se geldstelsels, ekonomie, en sosiale orde bepaal, kan omverwerp en vernietig as sulke lande nie saam in die selfde koor sing sing nie.

    Daar is geen verband tussen Malema en Hitler nie. Malema is vasgevang in tribalism met 'n geen Suid Afrikanse visie nie. In 'n kort tyd het Hitler 'n ekonomie opgebou waarvan Duitsland tot vandag die vrugte pluk. Malema se nalatenskap sal niks anders wees as Mandela, Mbeki, Zuma en #CR17 se mislukte geleenthede nie. Suid Afrika is besig en gaan net soos die res van Afrika 'n dumping ground word van Oosterse en Westerse surplus produksie.

    Geen ekonomiese struktuur het, sal of kan in Afrika werk nie, hetsy dit kapitalisme, sosialisme of kommunisme is, inteendeel al wat gewerk het en vooruitgang vanuit 'n Westerse oogpunt gebring het was kolonialisme. Neo-kolonialisme is net 'n ander naam vir "geregverdige" plundering deur die despoot wat in beheer van die Afrika land is.

    Solank as Afrika nie sy eie surpuls produksie het nie: en die surplus winste aanwend binne 'n eie ekonomie sal daar geen fix wees nie. SA met sy 7 konings onder 'n eie regsstelsel ( tribal law) en geen benul van privaat grond besit nl. monetization van all grond insluitende tribal grond het geen kanse vir enige ekonomiese groei, waardebesit en ontbondeling van kapitaal vir projekte nie.

    Afrika is nie bekend daarvoor dat die middelklas floreer nie. Inteendeel in geen tribe is daar 'n middelklas nie.

    In die westerse wereld is die middelklas beslig om stadig te verminder hoe sterker en grooter die korporasies word. In die ooste is die middelklas besig om te vergroot en surplus produksie word in die lande gebruik vir verdere produskie waarmee niemand in die kort en medium termyn kan kompeteer nie. Daar is minder privaat en klein besighede vandag in SA as in 1994. In 1980 was die SA populasie 27.5 miljoen, vandag is dit meer as 60 miljoen met produksie wat skaars bestaan. Swaar industrieele werke en die boubedryf het naby aan stilstand gekom. Die landbou en boerdery staan voor enorme uitdagings.

    Leer maar 'n oosters taal....vinnig.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top