Ronel se brief aan Cornelius

  • 0

Het die brief van Ronel wat afgelope Donderdag op LitNet was, gelees.

Die laaste sin van haar brief vra sy of Cornelius vir haar goeie boeke kan aanbeveel.

Nadat ek haar brief gelees het, het ek aanvaar dat sy Afrikaanssprekend is. En daarmee ingedagte wil ek baie graag en besonder sterk by Ronel aanbeveel dat sy ’n Groot Woordeboek – Afrikaans/Engels; Engels/Afrikaans aanskaf.

Die rede vir my aanbevelings is dat sy ’n swak en eintlik gemors Afrikaans skryf wat net een ding beteken nl dit dra by tot die ondergrawing van die Afrikaanse taal. En ek sal nie wil sien dat sy haar naam verder met ’n plank slaan om met daardie soort van taalgebruik voort te gaan nie.

Hoop regtig sy voer my aanbeveling spoedig uit.
Jakkie

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top