Ronel, jy is ’n uiters platvloerse mens. Ek het al met baie mense te doene gehad in my lewe, en ek moet sê nie eers jou alter-ego, Cornelius Henn is so platvloers soos jy nie. Jy en Francois Williams is in dieselfde liga. Kommin met ’n K. Jy is veronderstel om ’n jong moeder te wees. Ek hoop jy skaam jou vir jou vieslike taalgebruik en onder die belt suggesties. Ek weet nie of jou kinders aan jou tipe woordeskat blootgestel word nie, maar vir hulle onthalwe hoop ek werklik dat jy ’n wag voor jou mond sit. Jou geforseerde gebruik van Engelse woorde en sêgoed tussendeur jou swakkerige Afrikaans, dui ook vir my daarop dat jy hard probeer om jou ware identiteit te verskuil. Geen mens praat of skryf so deurmekaar soos jy nie. Dit is ’n skreiende skande dat jy ons taal so verkrag.
Jy lieg dan ook blatant oor jou bewering dat ek jou geskel het oor jou suster se aborsie. Ek het geensins aan daardie gesprek deelgeneem nie. Jy en jou alter-egos lei omtrent aan vervolgingswaan.
Plaas vir my daardie brief waarin ek jou skel, en indien jy nie kan nie, hoop ek jy is mans genoeg om vir my om verskoning te vra.
Tot dan het ek niks meer vir jou en jou gespuis te sê nie.
Tant Alie

