Ronel en Conversations with God

  • 0

Ronel

Ek is bewus van die boek, dankie. Die het jare lank in my skoondogter se boekrak gelê en stof vergader. Ek het op ’n keer daardeur geblaai, en dit het regtig nie vir my gelyk na die tipe leesstof wat ek interessant sou vind nie. Ek weet werklik nie hoekom jy onder die indruk verkeer dat dit my ’n beter Christen sal maak nie. As jy wel ’n Christen was, sou jy nie nodig gehad het om enige iets anders as die Bybel te lees nie.

Dalk moet jy en jou vriend, Cornelius, maar my goeie raad neem en terugkeer na die Woord van God. Ek het regtig nie julle raad en advies nodig oor hoe om Christelik te lewe nie. Daarvoor het ek ’n verhouding met God, wat julle duidelik nie wil ervaar nie.

Ronel, ek het laas jou navrae beantwoord en ’n vriendelik brief geskryf. Jy het nooit reageer nie. Net jou ou "stertjie" Cornelius, het op ’n gruwelooslike manier kommentaar gelewer op ’n ander brief waarin ek iemand bemoedig het.

Dink jy werklik sy reaksie was van pas? Was dit werklik vir jou ’n Christelike reaksie? Sal enige Christen ’n ander Christen se goed bedoelde raad op so ’n vieslike, kru manier beantwoord? Steek Cornelius vir ons iets weg, siende hy sulke kommerkwekkende, onvanpaste kommentaar lewer oor seksuele misbruik? Toe lees die brief en laat weet of jy werklik dink dat daar geen gevaarligte flikker nie?

Jou vriend Cornelius, is werklik een van die mees liefdelose mense wat ek nog ooit teëgekom het, en ek weet nie eers hoekom ek nog my tyd mors om aan jou, hom en al sy ander skuilname te skryf nie.

Indien jy glo sy aksies is Christelik, dan het jy duidelik nie ’n konsep van wat Christenskap behels nie, en kan jy maar netsowel dit staak om vir my of enige iemand anders hier voor te skryf, hoe om Christelik te leef en watter leesstof van waarde is. Dan is jy geen Christen nie en kan jy maar ook netsowel tou opgooi. Jy is eenvoudig ’n hartelose kwaadstoker, wat binnekort jou Moses gaan teëkom. Ek is sommer lus en gebruik jou ou agterlike swetswoordjie wat jy so gereeld hier in my rigting probeer gooi. Lees weer jou eie brief. Dit is deurspek van platvloersheid, en dit lyk my ek sal nou maar ook tot jou vlak moet daal en vir jou en jou mater sê om in julle moere in te vlieg.

Tant Alie

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top