"Rondvalwoorde" deur Ghiome Kolbe

  • 0

Rondvalwoorde

(vers 1)

Weet jy, weet jy dat die wêreld rond is
dat die berge nog steeds bo die grond is
soos wat ons rondvlieg op die wolke
klop klop my hart dans op die ritme van jou stem
soos die reënval van ’n duisend stemme vang jou woorde my hart binne ’n oogblink.

(pre-refrein)

Kom in, kom in reënboog
ek soek ’n bietjie kleur vir die woorde wat uit my hart weergalm
’n bietjie kleur wat op jou oordrom speel.

(refrein)

Ons twee saam is beter as beste
die tyd staan stil wanneer ons dans onder die maanlig
sterre klap hande met die voorkoms van jou gesig
sal jy my hand vashou as ek sing
Oooh laa la oohoo [net voorbeeld van iets wat so sal klink of inpas]

(vers 2)

Ek probeer net sê ek hou van jou,
ek probeer net sê my hart behoort aan jou
sonder woorde val ek net rond en bont
want my lippe sing hierdie duet van
Oooh laa laa oohoo (lei terug na refrein: ooh laa la oohoo; herhaal dan refrein)

(vers 3)

My hartsnare sing as ons oë ontmoet
soos die eerste keer wat die son die wêreld groet
staan langs my sy
dis net ek en jy
sing saam met my die song
jy ken hom goed
dis die ooh laa la ohoo toe ons ontmoet

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top