Rondborstigheid: 'n flarf-gedig

  • 0

op kampus of ‘n blog
om te vloek of in te log
privaat, anoniem of ekkerig
‘n masker om jou sê
te skryf
jy kan jou waarheid
openlik hyg
vieslik spoeg
ligtelik proes
of in stilte verswyg
onthul
verhul
verwoord wat jy sien,
dink en doen,
glo,
adverteer, admireer, aanbid,
pleeg, ploeg, plooi,
of net aanvoel in jou lyf
virtueel, ‘n publieke domein
werklikheid of skyn
die lyn lyk fyn
tussen
teorie, filosofie en praktyk
kuns en rymelary,
mainstream poetry
streetwise in die kuberruim
infantiliteit vir idiote
selfs verstommende,
sprakelose wysheid
uitgepakte bates
ont(blote)boesem(ing)s

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top