Ek sien in die koerante, op TV en hoor oor die draadloos die wolk van Rommelstatus hang nog steeds oor ons ou landjie. Ek is nie 'n ekonoom of waarsêer nie, maar soos in vorige briewe al genoem, ek vertrou nie die vrede nie.
Ek kan nie sien dat die organisasies en persone wat die land beheer sal "toelaat" dat ons ekonomie na rommelstatus afgradeer word nie. Ons land is strategies te belangrik om dit toe te laat. Die land word tans net bietjie "geplunder". Die regime se trawate en meelopers klim natuurlik op die wa, want hulle kan en mag, maar dit sal nie meer baie lank geduld word nie.
Ek het in my lewensjare onluste gesien en beleef. Ek weet wanneer die "oproeriges" ernstig oor hul saak is en wanneer daar net meelopers en simpatiseerders is. Daar is van hulle wat 'n saak het, maar hulle is in die minderheid. Die "stewdents" se "flooiemustfall" en EFF se "simpatie" is alles georkestreerde, goed beplande tipiese "devide and rule" aksies.
Ek blameer nie "thurd fors" magte hier nie, maar sommer "forf and fiff forces" ook. Kyk bietjie wyer as ons ou landjie waar daar ook onluste en onrustigheid onder die gepeupel is. Ons is gelukkig, hier by ons is dit nog lae intensiteit anargie. Sirië, Afganistan en ander lande is dit oorlog.
Wie sit agter dit?
Ons hoef nie eers daaroor te bespiegel nie. O ja, en moenie vergeet nie. In die land sit daar mense wat direk tot die situasie bydra. Wie baat die meeste daarby as die Rand verswak. Die manne wat uitvoer. Hulle verdien hul geld in Dollars. Indien ek in daardie bevoorregte situasie sou verkeer, sal ek ook plan maak om meer te verdien.
Ek ruik nog steeds 'n rot.
Ons land het nie vriende nie. Almal het net belange hier.
Reusedwerg


Kommentaar
Reusedwerg,
Jou aanname dat "die manne wat uitvoer...direk bydra" tot die studente-anargie, is so vergesog dat 'n mens wonder hoe jy daarby uitgekom het. Jy is so seker van jou saak, jy sê selfs dat "...ons nie eers daaroor hoef te bespiegel nie..."
Enige bewyse?
Mnr Rigter ek gaan my nou verwerdig om op jou kommentaar te antwoord. Een simpel/voor die hand liggende voorbeeld is: Aan wie is al die steenkooluitvoerkontrakte in die land toegeken. Word die manne dalk in Kwachas of Roebels betaal? As jy bewyse wil hê, maak jou oë oop en kyk net hoe goed georkestreerd die "onluste" in die land uitgevoer word en hoe ons manipuleer word. Sterkte.
Reusedwerg,
"Oë oopmaak" is ongelukkig nie bewyse nie. Beweer jy regtig dat BHP Billiton Energy Coal South Africa, Anglo American Coal, Xstrata en Exxaro Resources Limited agter die studente onlus sit? Moenie laf wees nie.
Mnr Rigter. Ek gaan nou regtig nie in 'n bespreking/argument met jou tree nie. As jy so naïef is om te dink die manne is bo verdinking leef maar in jou eie wêreld. Die harde werklikheid is al reg deur Afrika en ander wêrelddele bewys.