Oral lê vullis rond,
Die natuur lyk ongesond.
Plastiekbottel en pak word rondgestrooi,
Boom, plant en blom lyk nie meer mooi.
Hulle lewe in vrees,
Vir die reus:
Rommel,
Plaas ’n somber gees.
Op natuurbewaring,
Omgewingskwessies.
Bewusmaking word gedoen,
Oor die probleem, meer as ’n miljoen.
Veldtogte en praat,
Vol informasie en raad.
Val op dowwe ore,
Habitatte gaan verlore.
Herwinning is die oplossing,
Vir hierdie vermorsing.
Wanneer wil die mens sy les leer,
Rommel maak die planteryk seer!

