Roepman – ’n eerlike film

  • 0

Regisseur: Paul Eilers
Kamerawerk: Tom Marais
Rolverdeling: Paul Loots, John-Henry Opperman, Deon Lotz, Andrew Thompson
Looptyd: 115 minute 

Uitreikingsdatum in Suid-Afrika: 20 Mei 2011

Enige uitbeelding van Suid-Afrika gedurende die apartheidsjare is amper noodwendig polities van aard. Wanneer ons die interaksie tussen verskillende rasse sien, of die byna waansinnige vasklou aan een soort godsdiens, een taal en een velkleur, dan is dit soos ’n ander wêreld, een wat net-net bekend lyk. In hierdie rolprent word al hierdie eienskappe verenig in die figuur van die vader, Abraham Rademan, wat uitstekend, beheersd vertolk word deur Deon Lotz.

Roepman, ’n verwerking van die gelyknamige roman deur Jan van Tonder wat in 2004 uitgereik is, bied aan ons ’n hele aantal stories wat deur middel van die verbrokkeling van die Afrikaner-gesin die gelyktydige verbrokkeling van die land weerspieël. Hierdie verlies van die Afrikaner se sogenaamde onskuld is ’n tema, so gee talle resensente voor, wat in die film metafories ondersteun word deur die fisiese gebeure en spesifiek die wyse waarop die jong seun, Timus, agterkom dat die wêreld nie altyd ’n mooi plek is nie.

’n Suid-Afrika sonder diefwering is die land waarin hierdie film afspeel, en dit gee dit ’n byna magiese kwaliteit. Potensiële nostalgie word egter (gelukkig) nie oorspeel nie en die film hanteer sy ryk geskiedkundige konteks met omsigtigheid. Die stelinkleding is absoluut puik. Ons het nie onlangs films in Suid-Afrika gesien wat hier afspeel in die 1960’s nie. Hoewel ek taamlik jonk was, kan ek onthou watter impak die reekse Konings en Torings in die vroeë 1990’s op my gemaak het, juis omdat die wêreld wat aangebied is, terselfdertyd vreemd en bekend was.

Roepman
speel af in Natal in 1966. Hendrik Frensch (ongelukkig is daar ’n tikfout in die onderskrifte) Verwoerd is die politieke en ideologiese leier van die land se wit hegemonie. Die Rademan-gesin, wat bly naby die treinstasie op die dorp, bestaan uit die streng Abraham, sy onderdanige eggenote, Ada, hul twee dogters, Erika en Rykie, en seuns, Braam en Timus. Timus, die jongste, loop gewoonlik oral kaalvoet en dra altyd ’n kortbroek. Die gesin het nie juis geld nie, en soos die res van die gemeenskap klou hulle vas aan hul geloof en die feit dat hulle God se gekose wit volk is.

In Roepman se eerste toneel hardloop Timus, met gips om sy regterarm en stof op sy klam gesig, duidelik emosioneel oor die treinspore terwyl Laurika Rauch se weergawe van Jacques Brel se “Sons of” op die klankbaan speel. Die prentjie is ’n musiekvideo en die toneel vermaak meer as wat dit spanning of belangstelling bou. Natuurlik skep dit ’n verwagting – Hoekom is sy arm in gips? Waarvandaan kom hy? Wat ontstel hom so? – en sommige vrae het belangrike antwoorde, maar ander het nie.

Die film is ’n uitbeelding van ’n kind se idee dat daar altyd iemand is wat hom beskerm (’n beeld wat ook geld as ’n godsdienstige metafoor) en die ontnugtering van hierdie vertroue in ‘n reddersfiguur wat hom altyd sal beskerm. Timus, die jongste kind in die huishouding, is baie gemaklik rondom ouer mense, insluitende die huishulp en ouer seuns wat hom spot oor sy kinderlike verwondering oor die volwasse wêreld. Een van hierdie mense wat naby hom rondhang is Hein, ’n tiener wat altyd in swart geklee is (’n vreemde kostuumkeuse waarvan die simboliek duidelik uitstaan); die tonele tussen hom en Timus is uiters goed hanteer en regisseur Paul Eilers kan voorwaar trots wees op sy hantering van hierdie draad van die storielyn.

Die ander groot rol gaan aan die titel se Roepman – ’n knaap genaamd Joon wat elke oggend vroeg die werkers van die spoorweë moet wakker maak en sorg dat hulle inteken. Hy is skeel en het ’n kyk wat jou laat wonder of hy heeltemal by sy sinne is, maar hy het ‘n baie sagte hart en weet altyd hoe om konflik te ontlont. John-Henry Opperman speel hierdie rol met byna geen dialoog en hy kruip in ons harte in.

Die toneelspel is egter nie konsekwent goed nie: hoewel Paul Loots, wat Timus speel, heel bekwaam is, is sy vertellerstemwerk op die klankbaan baie geforseerd, so ook ’n gesprek tussen hom en die ander vrot kol van die rolverdeling, veteraanaktrise Lida Botha, wat sy ouma Makkie vertolk.

Tegnies is die film goed afgerond en behalwe vir ’n sigbare mikrofoon op ten minste een plek (onderaan die skerm in die toneel waar die buurvrou skote in haar huis afvuur) en die rowwe verskuiwing van fokus in enkele tonele, is die film se kamerawerk baie goed. Ek sou graag nog films met Paul Eilers in die regisseurstoel wil sien.

Roepman het my onkant gevang. Die storie self is ongelukkig maar dun en die belang van die film lê eerder in sy herskepping van ’n konteks en die soort mense wat in hierdie woonbuurte gebly het tydens ’n spesifieke tyd in ons land se geskiedenis. Die fokus is te wyd en die stories te veel, maar enkeles staan sterk bo die ander uit. Hoewel Timus se suster Erika en haar kêrel, Salmon, nie juis gesien word nie, is haar storie veral een waaroor almal in die gehoor kan omgee.

Ek is ook baie bly dat Verwoerd (of Woerwoer, soos die huishulp, Gladys, hom noem) nou ’n duidelike simbool van die belaglikheid van die wit manne van apartheid geword het en is trots op die integrasie van sy beeld in die film se meer komediese sy. Roepman is ’n volwasse film, maar nie net ’n film vir volwassenes nie. Die toneelspel van een of twee akteurs doen wel afbreuk aan die produksie, en die draaiboek kon sterker gewees het, maar Eilers skroom nie om ons te herinner aan watter gruwelike geraamtes in die kas van die Afrikaner lê nie, en dit maak van Roepman ’n eerlike film wat gesien moet word.

  • 0

Roepman – ’n eerlike film

  • 2

Kommentaar

  • "Ek is ook baie bly dat Verwoerd (of Woerwoer, soos die huishulp, Gladys, hom noem) nou ’n duidelike simbool van die belaglikheid van die wit manne van apartheid geword het en is trots op die integrasie van sy beeld in die film se meer komediese sy." Hierdie stelling reflekteer duidelik onkunde en subjektiwiteit. Verwoerd mag miskien 'n simbool van Apartheid gewees het, maar "belaglik" was dit beslis nie en dit het ook beslis nooit net oor die "wit manne" gegaan nie. Apartheid moet ongelukkig in perspektief en in die tyd waarin dit geïnisialiseer is gesien word. Die beleid het nie oor die superieuriteit van "wit manne" gegaan soos die boek/film dit uitbeeld nie, maar eerder oor die ontwikkeling van die Bantoe. Onder Verwoerd het swart ontwikkeling ongelooflik versnel. Hierdie ontwikkelinge sou nooit in 'n multi-rassige omgewing moontlik gewees het nie. Baie min mense het werklik verstaan wat die voorvereistes van swart ontwikkeling was, maar Verwoerd was een van die leiers wat dit die beste begryp het. Skeiding was die enigste manier om swart ontwikkeling te verseker - in 'n multi-rassige sameleweing so een van twee dinge of altwee gebeur het: Die ontwikkeling en voortbestaan van die reeds ontwikkelde blanke sou belemmer word deur dat hulle geforseer sou wees om die onderontwikkelde Bantoes se standaarde sou moes aanneem, of die onderontwikkelde Bantoes sou geswyg het onder die hoë Westerste standaarde wat hulle moes nastreef. Dit sou heelmoontlik ook gelei het tot die onderdrukking van altwee rassegroepe. Daarom is 'n meer stabiele en effektiewe rifting ingeslaan wat die maksimale ontwikkeling en vooruitgang van almal sou verseker, naamlik aparte ontwikkeling. Die beleid was so suksesvol dat Bantoes van Suid-Afrika die mees ontwikkelde swart bevolkingsgroepe in Afrika geword het:- Onder Verwoerd het swart lewensverwagting van 34 jaar na 57 jaar gestyg en teen 1990 het dit reeds tot 74 jaar gestyg - net 4 jaar minder as blanke lewensverwagting en ook die hoogste swart lewensverwagting in Afrika.-Onder Verwoerd is daar daagliks 30 nuwe klaskamers per week gebou vir  swart skoliere. Die gehalte van swart onderwys was ook die beste in Afrika. Dit was ook verniet vir swart kinders.-Onder Verwoerd was swart inkomstes drie keer hoër as inkomstes vir dieselfde klas arbeid regoor die wêreld.-Onder Verwoerd is 54% van alle staatsinkomste bestee aan swart onderwys.In die periode 1955 -1972, het die aantal swart skoliere met 31 keer vermeerder vanaf 35,000 tot 1,096,000. - 65% van swart Suid-Afrikaanse kinders was op skool in vergelyking met Egipte 64%, Nigerië 57%, Ghana 52%, Tanzanië 50% en Ethiopië 29%.-Onder Verwoerd het swart lewenstandaarde met 5,4% per jaar gestyg in vergelykig met die van die blankes feen 3,9% per jaar. In 1965 was Suid-Afrika se ekonomiese groei die tweede hoogste in die wêreld teen 7.9%. Die inflasiekoers was 'n skrale 2% per annum.Is dit met al hiedie feite in die oog steeds regverdig om Verwoerd se beleid te kritiseer en om hom as mens en sy volgelinge swak uit te beeld in 'n film?Verwoerd se idees van Apartheid was briljant en effektief toegepas om die ontwikkeling te kon verseker wat gelei het daartoe dat Suid-Afrika vandag anders is as ander lande in Afrika waar hongersnood en onderontwikkeling die orde van die dag is. Sy beleide het nie net die voortbestaan van die blanke verseker nie, maar ook dat die Bantoe in die voorsienbare toekoms die mees ontwikkelde Afrikane in Afrika sou word. Daarvoor het ons hom tot in ewigheid te danke. Verwoerd was ook geensins verantwoordelik vir die enkele gevalle van diskriminasie in die latere stadia van Apartheid nie - sy beleid is misvorm en verkeerd toegepas na sy dood.

  • Avatar
    Phillip Collins

    Die VJ-reeks van die Valiant het eers in 1973 in Suid-Afrika uitgekom, soos wat ek onthou, vyf jaar na Verwoerd se dood; dus is dit 'n bietjie anakronisties dat die huishulp se man een sou besit.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

    Top