"Rockstar" deur Kathrine Voss

  • 0

Rockstar

Almal is ? rockstar, almal soek ? naam
Niemand het meer vrede nie
en niemand is meer skaam
Hier sit ons almal gekleed
en almal wil net weet wie’s nou gebreek
Jy’t niks om te verloor nie, niks om weg te gee
Hier staan jy stok-flippen-siel alleen

Want jy’s ? rockstar, ? flippen rockstar

Jy dink jy’s baie cool in jou hemp en jou blou jean
en as jy by die party aankom, is jy die ou op’ie scene
Maar niemand wil jou ken nie en niemand wil jou sien

Want jy’s ? rockstar

Hou tog net so biedjie moed
Baie meer trane en nog baie meer bloed
maar as jy wil, kan jy tog seker ? rockstar wees

Mense in die industrie
wat ons wil wees en wie ons wil sien
En niemand weet meer wie hulle wil wees nie
Maar hier staan ons breë borsie, ja

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top