Ritmies geraak aan jou
Ons baklei alweer teen dit
Verander die seisoene soos ons dit soek
Maar niemand het ? uitweg
Dit bly breek en ek maak weer reg
Die dae raak koud soos ek jou verloor
en in elke plek van jou hart het ek al behoort
Maar jy gooi die gedagtes nou uit
want jy soek ? rede op die verkeerde tyd
REFREIN:
Net jy sal dit kan onthou
daardie aand het ek ritmies geraak aan jou
Jou stem en hoe jy beweeg teen my
Alles het gebreek gelyk terwyl jy
aanhou om met my hart te speel
Nog steeds voel ek alweer te veel
Maar dis hoe jy aan my gedagtes klou
My hart, vir altyd
Die klop en die klank
het ritmies geraak aan jou
Jou oë skyn helder op my
Elke asem het my ondergekry
Die hemel breek oop teenoor die sonde
Jou verlating maak weer dieselfde wonde
Maar ek staan op teen elke traan
wil steeds jou planeet skuif na my wentelbaan
Maak nie saak of jou woorde al gesê was
Jou klank raak nooit duister in my hart
REFREIN
Beelde van jou verander en ek sien
ek het duisend mure gebou om jou te verdien
Niemand volg die musiek soos my hart vir jou
en altyd word jy eerste in gedagte gehou
REFREIN
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


