Reëndans
Jy's soos seelug in die oggend
Jy's die reuk van die Karoo
Jy's die reëndans wat gebede
van die boere kom verhoor
Stadig vul die mooiste woorde uit jou mond
elke wond
Dis geen koue vir alleen wees
maar 'n vuur brand binne my
En die maanlig oor die springgety
is heeltemal te mooi vir my
So ek wil vir jou sing
Ek wil dit vir jou sing
Ek wil die mooi neerpen
en met 'n wysie vir jou sing
Jy's die smaak van oggend koffie
of na 'n lang dag goeie wyn
Jy's die see waarin my voete
elke jaar hul rus kom kry
En dan vloei die mooiste woorde uit jou mond
en maak my gesond
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


