Reis op soek na my hart
Partykeer voel dit of niemand my verstaan
en dan kan die wêreld ook maar vergaan
want wat help dit ek skree
maar niemand hoor my nie?
wat help dit ek mors my asem
op iets wat nie sin maak nie?
So ek sal maar sit en fluister
En wag dat iemand dalk eendag sal luister
Dat iemand dalk sal hoor
Wat my hart wil sê
Wat hy regtig wil hê
Dat hy net vir jou soek
Maar jy’s soos ’n toe boek
Ek kan jou nie lees nie
Weet nie wie
Of wat jy vrees nie
So sê my net vanaand
Is ek die een vir jou?
Of moet ek omdraai en loop
En maak asof ek jou vergeet?
Want ek wil weet
As my hart dan nie by jou is nie
Waar het ek hom vergeet?
Dié is ’n reis
Op soek na my hart
Op soek na die een
Wat hom vir haar gevat het
Laat weet my net
As jy hom het
SMS of bel my
Skryf vir my ’n briefie
En as ek jou brief in die pos kry
Sal ek my hart by jou kom haal
Want ek is moeg vir skree
Moeg vir wag
En niks gebeur
So vandag kom haal ek jou
Want sonder jou
sal my wêreld vergaan
![]() |



