Regtig?

  • 2

Jy word na ’n plek toe vervoer vir een of ander belangrike afspraak. Jy bly in die duister. Jy word begelei en stap in ’n bewaakte gebou in en betree ’n vertrek waar jy moet wag, ’n uur of wat. Jy kyk rond, sien dit en dat.

Agt jaar later word jy gevra om te beskryf wat jy gesien het. Jy dink terug, na die beste van jou vermoë onthou jy ietsie hier en daar. Ander glo jou nie en jy word teruggeneem. Hulle kyk nou aandagtig en met aandag. En hulle wonder na hul aandagtige waarneming oor die verskil oor wat jy gesê het jy agt jaar gelede waargeneem het. Was dit marmer of graniet trappe -  was daar tien of ses? Gaan ons in die donker bly en maar die wet van Transvaal gehoorsaam?

“Chair” is darem tweede in rang.

Kers-en-blaker-groetnis

Raed-na-Gael.

 

  • 2

Kommentaar

  • Big Brother se 'Room 101'? Ag jou gelukkig dat jy agt jaar se vryheid geniet het. Nou's dit tickets!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top