Regtig, SA het niks nuus nie ...

  • 4

Al wat mens die afgelope tyd hoor is "junk status"!  Tog is dit ’n blatante voorbeeld van VALS NUUS.  

In sewe jaarlikse graderings het SA nooit buite B-gradering op of af beweeg nie. Graderingsagentskappe gradeer van A na D en dan is werklike "junk status" WR en NR.  

'n Laer gradering is beter, want tydens 2009 se bankkrisis in VSA, was S&P, Fitch en Moody's daarna krimineel aangekla en skuldig bevind vir hul opsetlike goeie oorgraderings van banke en die VSA. 

Weinig regerings en banke kry A-graderings. Vir meeste spindoktors in SA, bestaan die obsessie met A-simbole. Vanaf matriek tot finansiële graderings? Kry daardie obsessie onder knie en begin praat. Ontwikkel 'n medikasie teen voortdurend Verbale Diarree en nog een om mense te laat werk.

Hans Richardt 

 

  • 4

Kommentaar

  • Hans Richardt

    Sogenaamde professore het nie oplossing vir goedkoper universiteit-opleiding nie.
    Tog sê hul dat laer B-gradering nie beter is nie.
    As meelopers vir hulself die SA-gradering van afgelope dekade bekyk, was SA nooit buite B-gradering nie. Die obsessie van A is onwetklikheid. Of ons nou hoër of laer B-gradering kry, dis nie C, D, WR of geen gradering nie. Wat is Zimbabwe se gradering? Ons moet onsself binne ons konteks van SADEK en BRICS vergelyk en nie met VSA of EU-konteks nie.
    Suid-Afrika ly aan Grootheidswaan-hype gekweek deur Vals nuus en media-voorstellings. Die feit dat ons 400 gelede uit onsekere herkoms van Europa was, beteken glad nie dat Suid-Afrika Europees is nie of deel was van die nywerheidsrewolusie nie.

  • Hans Richardt

    Regtig, afgradering van BB- na BB+? Ek verstaan nie "junkstatus" hype van SA media nie. Dis nie CC+ nie.

  • Hans, moenie alleen voel nie. Dit is egter onrusbarend dat die landjie van ons se ekonomie wat vir 342 jaar bestaan het binne 22 jaar na rommelstatus afgradeer is. Ek weet nie wat om daaroor te sê is of dink nie. Ekonome is die ouens wat volgens my die meeste gorrel. Ek glo natuurlik dit is net 'n rondneukery van die geldmanne. Op grond waarvan is ons afgradeer? Politieke onstabiliteit, arbeidsonrus of is ons meesters nou gatvol vir die regering wat hulle voorgestel en aan bewind gestel het. Ou storie van buitelandse inmenging, "constructive engagement". Dit het in Panama, Nicaragua, Liberië, die Kongo (DRC) Angola en waar ook al gebeur. Sodra die "puppet regime" nie meer maak soos hulle sê nie, raak hulle ontslae daarvan. BRICS en die Guptas het ons meesters se kaarte kom deurmekaarkrap, en nou gaan hulle van die regime moet ontslae raak. Is 'n C cup groter as 'n B cup. Weet nie want dra nie die goed nie.

  • Hans Richardt

    Reusedwerg, feit is ons was van B- na B+ 'afgegradeer' om kernkragsentrales se oprigting te stop. Verder, is daar bitter min van ons vervaardigers en landbou oor. Gordhan het ook waarde van rand gemanipuleer, met devaluasie van rand teenoor dollar. Hiervan is bitter min berigte van in media.
    Maw + of - maak so groot ophef in nikswerd media van SA, want daar is nie meer werklik nuus oor in die sinkende stink bootjie nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top