“Regstelaksie” kort net “geel ster”

  • 0

Die kenmerk van Fascistiese Duitsland voor 1938, was regstelaksie met wetlike definisie van die bevoordeelde etniese groep. Dit gebeur nou in SA, maar word voorgehou as “demokratiese gelykheid”? As jy ‘n Jood was, moes jy ‘n “pasboek” dra. Was jy ‘n “kommunis” was jy soos ‘n “Jood” as ‘n “persona non grata” hanteer? “Versoening” klink meer en meer na geforseerde etniese “amalgamasie-soen” in SA. As jy verkies om jou grondwetlike fundamentele regte uit te oefen, nl vryheid van assosiasie en keuse ens, kry jy die “geel ster” etiket van “vêrregs” in SA. My kinders moet Engels leer, om in ‘n verengelsde SA-samelewing te kan oorleef. Ek wonder wat die verskil in 1976 en 2012 werklik is vir wit Afrikaanse kinders in SA? Sing hul Afrikaanse FAK-liedjies, is hul “rassisties”?

Hans Richardt

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top