Die afgelope week, was ons in SA oorlaai in Afrikaanse politieke korrektheid-media oor "white supremacists" vs politieke korrektheid ideologie-protesteerders in VSA.
Wat hierdie biased media egter blatant versuim om te doen, is om lesers en luisteraars in te lig dat wit Amerikaners sedert laat 1960's gebuk gaan onder wetlike regstelaksie en kwotas. 50 jaar van bevoordeling van sg minderhede vs wittes in VSA, waar wittes minderhede is in meeste state, het hierdie protes-aksie tot gevolg.
Die teen-protesteerders forseer etniese amalgamasie-agenda af. Geforseerde etniese amalgamasie-agenda is bose teenpool van geforseerde apartheid.




Kommentaar
Hoewel ek diep bewus is van die polities byderwetse vooroordeel in die hoofstroom-inligtingsmedia was selfs ek geskok oor die mate waarin diegene wat beswaar het teen die verwydering van Robert Lee se standbeeld sonder meer afgemaak word as blanke heerssugtiges en rassiste. Donald Trump het albei kante vir die onrus blameer, maar ook dit was vir die polities korrektes onaanvaarbaar. Wie is by uitstek die onverdraagsames?
Wat my erg bekommerd maak, is dat dieselfde tipe van beleid en aksies in SA vanuit VSA gekoördineer word, oa deur BLM.
Is SA nou tweedehandse kolonie van politieke korrekte Yanks, wie nie hul geld sit waar hul monde is, met direkte beleggings in SA nie? Politieke korrektheid-ideologie is een ding, maar daar is geen bydrae deur hierdie Yanks tot SA ekonomie nie. In stede gradeer hul SA af tot "junk", maw hul kan eksperimenteer of SA in burgeroorlog sal verval.
VSA is ’n erg rassistiese etnosentriese samelewing sonder moedertaal-onderrig. My bekommernis, is sg "leiers" in Wes-Kaap wat bly neuk na Yanks in VSA. 'n Nuwe tipe UDM, geskoei op voorskrifte deur George Soros gefinansierde BLM, gaan rampspoedige gevolge vir SA bring.
Johannes Comestor, ek was verras met brêkfis.
Die groot beweging is Antifa-BLM in VSA.
Die organisasie word deur die George Soro-stigting gefinansier.
Het Suid-Afrika nog buitelandse organisasies nodig soos Bell Pottinger in rasverhoudings in SA?
Ek vra myself waarom hierdie betrokke organisasies nie liewer geld belê in fabrieke as werkskepping instede nie vir armoedeverligting nie? Duidelik het hul nie beste belange van SA se gewone mense op die hart nie! Waarom is daar nie SA-bewegings uit die samelewing om beleggers te lok nie, instede van nog 'n UDF?
Luister ek na Monitor vanoggend. Ekspert verduidelik hoe arm 50% van bevolking is, wittes ingesluit. Hy beklemtoon hoe min werkgeleenthede daar vir matrikulante is.
Met regstelaksie en kwotas by tersiêre instellings, waar moet wit voornemende brandarm studente dan geld kry vir tersiêre opleiding?
Ja, gewone wit Afrikaners raak nie by taalstryd betrokke nie, want hul is 1) te min by US 2) te arm en 3) totaal afwesig.
Gister was wit plakkers uitgesit by karavaanpark van stadsraad, waar hul vir jare geplak het. Waarheen met hierdie wit arm plakkers? Die wit armoede word nou deur sg marknavorsers raakgesien, maar nog steeds afgespeel as nie erg nie. Dis agv die politieke korrektheid retoriek dat wittes deur apartheidswette bevoordeeldes gemaak was.
Hierdie verarmde wittes is sprekers van Afrikaans en hul word nie swart verbrand by robotte as bedelaars raakgesien nie ...
Wat glamour TV nuuskanale nie wys in SA nie, net soos SABC en ander TV, is dat daar miljoene wittes op "food coupons" is en in plakkerskampe bly. BLM verteenwoordig kwansuis swart armes uit midde-stede. Vir hierdie arm wittes wie reeds 50 jaar gebuk gaan onder regstelaksie en kwotas, was Trump hul wit hoop om regstelaksie en kwotas op verhoor te neem in die VSA.
In SA glo regering steeds dat alle wittes nog steeds bevoordeeldes is en dat dit onmoontlik is dat daar 400 000 wit plakkers is nie. Wit armoede is realiteit sedert NP-era, sonder dat dit weggegaan het.
Op hierdie stadium is dit geleentheid wat regering gebruik om geforseerde etniese amalgamasie agenda toe te pas. Vir my is geforseerde etniese amalgamasie op dieselfde vlak as geforseerde etniese apartheid!