vir hulpbronbeset-besetene, nie veel meer spasie,
Millennium Drie Homo, voor ’n afrekeningsvuur,
vir “Duiwelspiek”-siek nie sommer ’n oornagkuur,
rekonsiliasie vereis voetewas, onkund’-eliminasie
staan Mens op Gewete-herwinning se laaste stasie,
binnekringbegunstigdekring voor ’n skeidingsmuur,
kos “ras”, “klas”, seermaakpejoratiewe, Mens duur,
heuwel is steil, na Vryheid, via Spiritueel Integrasie
enige genesing hette doen met gesindheid,
min Mens al volkome herstel, van apartheid,
al is daar by baie, ja, versoeningsbereidheid
nogal heel hartseer, deeske las-ontlasting, afskeid,
al kry Mens, mede-Mens, Naaste, uniek Geleentheid,
ubuNtuïsties, waardig, Deel t’word, van Sy Waarheid
Jacobus Faasen

