Redaksioneel: Nostalgie in die nuwe jaar

  • 0

Nouja, ons het nog ’n einde-van-die-wêreld oorleef en die nuwe jaar is al weer goed op dreef. Mag elkeen ’n voortreflike 2013 beleef.

Kompetisie

Volgens Johann P Boshoff is dit nou die tyd vir nostalgie, so ek dink ’n nostalgie-kompetisie is in orde om die jaar mee af te skop. 

Ek steel blatant Jap Rap se idee van “Geheuekiekies” as titel vir die kompetisie. Dit kan enige vorm aanneem. ’n Skets – humoristies al dan nie – soos Jap Rap se uitstekende geheuekiekies tot dusver, of ’n foto van ’n spesiale oomblik soos dié  van Johann P Boshoff. Bekendes of familie. Gister of uit die jare dertig. ’n Familiebraai of ’n wêreldgebeurtenis. ’n Foto van jouself, of wie of wat ook al. Solank dit iets is wat nog vir jare ’n spesiale oomblik in jou herinneringe sal wees.

Soek jy inspirasie?  Ek het hierdie interessante fotoprojek vandag op Facebook raakgeloop - http://dearphotograph.com/.

Die sluitingsdatum is 31 Januarie. Ek sal ’n onafhanklike beoordelaar inroep om my “eie persoonlike” voorkeur en vooroordeel teen te werk.

Wat kan jy wen? The Practical Illustrated Encyclopedia of Digital Photography: A Step-by-step Guide to Taking Great Photographs deur Steve Luck, geskenk deur Exclusive Books.

Moenie net deelneem vir die lekker prys nie – neem deel vir die lekkerte daarvan! Stuur jou bydrae aan webvoet@litnet.co.za.

Lees vandag op LitNet

Chrizane se leeskeuses

Gaan kyk elke dag watter boekenuus Chrizane van Zyl uitkies om te lees. Nuus uit Suid-Afrika se boekeblaaie, sowel as internasionale boekenuus word hier bekend gestel.

Groetnis
NaomiB

NS: Dit was lekker om vandag ’n brief van Pouveer te kry. Ek sien in die Webvoet-inboks Francois Williams het reeds vanaand ’n brief gestuur …

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top