"Rebel" deur Anton A Richter

  • 0

Rebel

Vergewe my vir hierdie woorde.
Vergewe my vir hierdie tyd.
Slapeloos en nagteloos breek ek myself.
Nou is dit net akkoorde, vir jou.

Sinneloos en betekenisloos sing ek verwaand.
Maar later sal jy wel verstaan.
Daar was niemand soos jy nie.
Nie 'n enkele iemand wou ek so graag kry nie.

Die blonde waarheid wat jy met gemak oor my arm streel.
Jou hande soos die doodsengel my siel steel.
'n Halwe kans het ek gemors.
Met drank en lus, les ek my dors,

maar my honger vreet aan die wande van my hart.

Soetwyn.
Soet sonde.
Soet liefde.
Soet wonde.

Bitter braaksel.
Bitter seer.
Beter wetend.
Elke keer.

Jou naam is op my doodskis geskryf.
Met my bloed, as ink, gesmeer en gevryf.
Vergewe my, ek het nie geweet wat ek doen nie!

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top