re rewolusie

  • 0

so baie tyd al, oor vele millennia heen, simpel verspil,
sandglas loop drasties leeg, dolleeg, o lief, Mens, eisj,
“Duiwelspiek”-versteurde se stem, kil, nog glattie stil,
al issie kans, nog da’, op Lewe Twee Lewe, in Paradys

vroeger of later, sal Homo Sapiens Sapiens, Self, besef,
al lykkit glattie so, Skepper, U Hand, Stewig oppie Hef,
amper nesse wonnerwerk, Aard’ vol Avatars, Nageslag,
Kjenners, letste Een, Heiligheid, tot by Begin trug t’trys

volmaaktheid, volmaaktheid s’n, geskend, vol missielpokmerke,
soek onkund’-ontkenner na medemenslikheid, in geweldstraat,
kan Self-destruksioperateur, oorlogsaanbidder, nie genoeg kry

stil, vroom-patriargaal papsakpaparazzi, innie tempels, kerke,
sjatansdissipels paraat, onskuld kry nie kans, naïewelik t’praat,
re rewolusie: ’t maak Mens nooit a priories, noodwendig, vry

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top