Rassisme

  • 3

Ek sien Webvoet, in sy of haar kommentaar, stel dit baie duidelik dat, onder andere, rassisme nie geduld sal word nie en briewe sal vermink of in die snippermandjie beland as daar enige rassisme daarin bespeur word.

Hoe identifiseer Webvoet rassisme by enigiemand? As die woord ‘rassisme’ die afkeer van persone van ’n ander ras (wat kwansuis nie bestaan nie) beteken kan dit godsonmoontlik teen die wet wees want wie sal dan nou weet of iemand rassisties is? Dis soos jaloesie; wie kan nou enigiemand verbied om jaloers te wees?

Manifestasies van jaloesie of rassisme wat lei tot mishandeling of geweld of teistering ja, dít kan teen die wet wees maar dan is die oortreding nie rassisme nie maar mishandeling of teistering.

Maar, lyk dit my, ‘rassisme’ het ’n nuwe definisie naamlik enige kritiek deur ’n blanke teenoor die regering of enige swarte. En dis absurd; hierdie soort van rassisme het nou ‘n bandwagon-ding geword – wittes is nou skoorvoetend, hulle kan nie eers na ’n fancydress-bal toe gaan nie of die swartes en hulle lakeie skree blou moord. Maskerbal is in die haak; jy kan ’n masker dra want dan is jou gesig nie geverf nie (enige kleur is taboe).

Die wat kla oor rassisme moet ophou kla oor rassisme; dit werk net polarisasie aan die hand wat dan, in wese, lei tot rassisme – ons hou nie van julle nie want julle hou nie van ons nie.

Jan Rap

  • 3

Kommentaar

  • Oral oor die wêreld is daar groepe wat met skuim om die mond "rassisme" gil. Dis handig as verskoning, as beskuldiging, as manier om aandag af te lei en meer. Soms is die gillendes 'n minderheid veral in Amerika, soms is hulle 'n meerderheid, veral in die nuwe SA.
    Hulle het egter iets in gemeen, iets wat ek nie mag sê nie, want dan word my brief dalk gekastreer.

    Met grinnikkende groete
    Duitswester

  • Sou daar rassisme gewees het as rasse nie bestaan het nie of is mense maar net bloot afgunstig opmekaar.

  • Soos jy sê FC; ras bestaan nie volgens die sogenaamde verligtes nie en tog gil hulle gedurig 'rassisme!' Hoe werk dit?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top