Rassisme

  • 7

Beteken “rassisme” die teësin wat een ras in ’n ander ras het? Of eintlik, nou dat wetenskaplikes vir ons sê daar bestaan nie iets soos “ras” nie, beteken dit teësin van een volk in ’n ander volk?

Is dit dus rassisties van die Hollanders om die Duitsers “mowwe” te noem, of van die Engelse om na die Franse as “frogs” te verwys?  Indien wel, lyk my nie of die Duitsers of Franse daaroor veel gepla is nie; hulle het in elk geval seker ook maar húlle beledigende woorde vir die ander volke.

“Rassisme” is dan ’n kwessie van voorkeur, of smaak. Die Hollanders, byvoorbeeld, is mal oor die Engelse maar hou nie van die Duitsers nie. Wat ook al hulle redes, dis hulle saak.  Dis amper soos ’n emosie soos, sê, jaloesie en niemand gaan dus vir die Hollanders voorskryf van wie hulle mag hou of nie hou nie, net soos jy nie kan voorskryf vir ’n man of vrou op wie hy of sy jaloers, of nie jaloers, op mag wees nie.  Dit kom neer op voorkeur, of smaak.  Ek is kort en lig van vel en hare en kan nou nie vrouens beskuldig dat hulle diskrimineer omdat hulle oor die algemeen van lang donker mans hou nie.  Swartkoppe kan nie kla dat daar mans is wat van blondines hou nie en blondines kan nie kla dat daar mans is wat swartkoppe verkies nie. Dis smaak, voorkeure, gevoel, of wat ook al en kan godsonmoontlik teen die wet wees.

So waaroor is die bohaai?

Jan Rap

 

  • 7

Kommentaar

  • " ... wetenskaplikes vir ons sê daar bestaan nie iets soos “ras” nie."
    Jan - ras bestaan.
    Google bietjie Dr James Watson (mede-ontdekker van die DNS-struktuur).

  • Natuurlik bestaan ras - anders kan ek mos enige straathond as 'n Borzoi of Jack Russell of Bulldog verkoop.

  • Avatar
    Johnnes Comestor

    "'n Rassis is 'n wit mens wat iets doen of sê wat die ander party nie kan verdedig nie" - raakgelees op Netwerk24, 11 Oktober 2018.

  • Hoekom is 'n rassis 'n wit mens wat iets sê of doen?
    Kan mense van kleur dan nie rassisties wees nie? Maak nie vir my sin nie.

  • Avatar
    Johnnes Comestor

    Johann, lede van enige ras kan rassisties wees. In die praktyk is dit egter feitlik uitsluitlik blankes wat van rassisme beskuldig word.

  • Avatar
    Gustaf Claassens

    Uhm, dalk mense of groepe wat toelaat dat hulle geaffekteer word deur woorde wat hulle as vernederend beskou en/of voel dat dit op hul menswaardigheid gerig word. Dit word dikwels aangevuur deur 'n inherente minderwaardigheidsgevoel wat tot 'n oordrewe fyngevoeligheid bydra. Wat deur die een persoon as rassisme ervaar word, word nie (noodwendig) deur die volgende persoon as rassisties ervaar nie. Party is meer "dun van nerf" terwyl ander weer meer "dik van vel" is.
    Hier te lande word "rassistiese" uitsprake natuurlik gekriminaliseer wat dikwels tot groter twis en tweedrag aanleiding gee en verhoudinge versleg eerder as bevorder. Waar trek mens die lyn tussen vryheid van spraak en rassisme?
    Wanneer die mens se bedoeling is om om op grond van kleur te krenk, sal hy weet dat hy die lyn van “belediging” oorgesteek het en hom in die grys vaarwater van “rassisme” bevind. Tog wonder mens waar beledigings en basiese onbeskoftheid begin en waar dit ophou voordat dit as rassisties gesien word. Hierdie debat is 'n “Pandora Box” wat nog wag om oop te gaan.
    Om "veilig" te wees moet mens maar poog om weg te bly van verwysings aangesien lande met multikulturele samestellings waar historiese gebeure, ontwikkeling en so meer 'n rol speel die "risiko" groter maak.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top