Rassediskriminasie

  • 0

Ek weet nie baie van die FHM-model, juf De Sousa, se relletjie of faux pas af nie. Ek maak maar my eie afleidings wat ek in die pers daaroor gelees het. Ek weet net sy het ietwat van ’n foutjie gemaak. Ek is net verbaas oor almal wat so skree en die dame tot die grootste krimineel wil laat verklaar.

Ek vra myself ’n paar vrae oor die reaksie wat almal oor haar uitlating het. Die dame word nou verhoor en sommer terselfdertyd gevonnis. Wat sou die mense se reaksie gewees het indien die persoon sy voorstelle wat hy gemaak het, in dade sou laat oorgaan?

Dan was sy nog net ’n statistiek. Koerantopskrifte: "Model verkrag. Skuldige gevang en uit op R100 borg."

Almal sal dit lees en met "sorry, so what" reageer. In die land van ons kan jy iemand onder sy ma se rok uitvloek, jy mag die Hemelse Vader se naam as vloekwoord/kragwoord gebruik, maar bewaar jou siel as jy daardie k-woord gebruik.

Wat my verbaas is dat sy as jong persoon, daardie sentiment teenoor die persoon huldig. Weer eens gaan die insident as slaanstok teen die Blanke aangewend word. Daar is reeds mense wat skree dit is nie versoenend om so op te tree nie.

Verstaan my mooi: "two wrongs doesn’t make a right" maar daar loop mense los in die land wat erger uitlatings maak of gemaak het as die dame. Ek neem ’n rassewoede in die land waar, en is ek bevrees dat dit tot uitbarsting gaan kom gouer as wat ons dit wil besef.

Ek vra ook: waar is vryheid van spraak? Sy is erg gekrenk en verneder. Na wie wend sy haar om die idioot te gaan verkla? Eerstens sal sy uitgelag word en die saak sal nie eers in ’n voorvalleboek aangeteken word nie.

Wat my ontstig is haar borge se reaksie. Wat my meer ontstig is haar mede-Blankes se reaksie. Ek dink daar moet ’n fonds vir die juffrou gestig word om haar regskoste te dek.

Daar is ’n vonkpos wat die rondte doen van ’n swart seun wat sy pa vra wat SEB is. Die pa antwoord, dit is wanneer die witmense al die werk doen en ons pluk die vrugte daarvan.

Maar pa, as die wittes kwaad word? Dan my seun, is dit rassediskriminasie.

Reusedwerg

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top