“ras”-klassifikasie

  • 0

aan oorlogsekonomieprolif’rasie, struktuurg’weld, g’n keer,
sal selfs WEF-sprek’r’t, half teësinn’g, saggies, moet b’aam,
niemand innie minste oor “Duiw’lspiek”-ontkenning skaam,
hoog-’n-laag, by positiwiteit, v’n negatiwiteit, aan’t sweer

armstes, rykstes, allie geldjagt’rs, in altwee ekonomieë ,
aan pejorativer’ng, stereotiper’ng, cliché, g’n skiet g’gee,
Mens se teflon-g’wet’nloosheid totte piekfyn kuns v’rfyn,
als wattie rym, onaards, onmensl’k is, gattie gou v’rdwyn

leer “freebie-freeborns” Millennium Drie Sapiënties hul les,
demokrasie nie wat’t moet wees, v’rallie m’t “ras” en “klas”,
v’r menswaard’g mede-Mens, hier’p Aard’, mos onvanpas,
ekonomie, trimillenniaans, in post-Fidel, post-Gaddafi-reses

toent’rtyd’s Paradys ontdaan v’n al Haar Prag en Skoonheid,
nu definieer oud-vryheidsvegt’r Mens, ná eis v’n apartheid

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top