Rand van afgrond

  • 1

Ek hou elke drie maande my asem vir so dag of twee op. Ek is nie 'n ekonoom nie. Ek sien dat een of ander kredietgraderingsagentskap weer dreig om ons te gradeer. Ek ken van gradering van wol, vleis en ander eetbare kommoditeite. Selfs iets uit die fles. Van 'n land se gradering ken ek niks. Elke paar maande dreig die ekonome, nuuslesers op die TV en ander slim jakkalse in die land dat een of ander agentskap ons in ons moer in gaan afgradeer.
Ek loop van die aankondiging tot die uitslag met ingehoue asem. Weer dieselfde nuus vroeër die week gehoor. Van Woensdag loop ek so knyp-knyp vlak-asem rond. Vanoggend sien ek nee wat. Een van die agentskappe sê, ons status bly dieselfde. 
Ek hoop daar is iemand wat soos ek ook wonder wie waar en hoe bepaal die mense of ons afgradeer moet word of nie. 
Ek dink hier aan 'n branderry-term. As jy op die punt van jou "long board" staan en jou tone hang voor af, sê hulle jy "hang ten". Ons landjie staan al die afgelope klomp jare en "hang ten". Iemand keer, weerhou en weet iets wat ons nie weet nie. Iemand keer dat ons oor die randjie gestoot word. Ek weet net nie wie nie.
Al wat ek weet, ons leef en/of oorleef op die Randjie. 
Reusedwerg

  • 1

Kommentaar

  • Hans Richardt

    Op die Randjie van ineenstorting en totale chaos? Dit word daagliks duideliker, na verlede week se erger openbare geweld in Natal, waaroor media skraps berig het, maar BAIE foto's op sosiale media rondte gedoen het.
    Wonder darem of rand tog nie gemanupileer word nie ...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top