Ran: Verwoerd as liberaal?

  • 0

Hello Ran

Baie dankie vir die reaksie van jou kant af en ook so die volgende deur jou aangebied wanneer jy skryf: “Ek glo dieselfde as Verwoerd (ook Nederlandsgebore ...) en is deels daaroor vir alle praktiese doeleindes persona non grata by die intelligente Suid-Afrikaanse konserwatiewes wat ek ken. Dit in 2010, stel jou 1950 voor!”

Kennis word geneem van die nuanse wat jy wil formuleer naamlik dat apartheid nie gewoon rassisme was soos rassisme algemeen verstaan word nie, maar eerder die handhawing van volkseie en die idee dat volke apart moet en kan ontwikkel.

Soos jy bewus is word Suid-Afrika en Israel gereeld onder dieselfde kam geskeer wanneer apartheid bespreek word en dit het Regter Goldstone genoop om onlangs die verskille tussen die twee lande te verklaar en gebruik hy die volgende definisie van apartheid:

Apartheid under the 1998 Rome Statute is defined as follows: “Inhumane acts ... committed in the context of an institutionalized regime of systematic oppression and domination by one racial group over any other racial group or groups and committed with the intention of maintaining that regime.”

Die sleutelwoorde is duidelik,“inhumane”, “systematic oppression” en “regime”.

Almal skelwoorde en heeltemal reg dat dit so is. Die ideologie van apartheid is so deeglik diskrediteer dat dit geen intellektuele aanvaarding vandag meer het nie.

Die skande is vandag wanneer ’n persoon onder die dekmantel van ’n bespreking van die hordes, of Raka of die Joernaal van Jorik daarmee die werklike onderliggende drywer van die vrees vir die “swart gevaar” openbaar of aan die hand van moderne spekulasies oor die wetenskap probeer formuleer dat in vandag se samelewing daar nog steeds ruimte is vir afsonderlike ontwikkeling.

In ’n onlangse bespreking van Domenico Losurdo se Liberalism: A Counter-History word die volgende opsomming gebied:

Too often, and too frequently, self-conceived liberals deny the freedom to others which they arrogate to themselves. Today, whether it is the contradictory creed of liberal interventionism in which usually dark-skinned people are deemed incapable of determining the future of their own societies, or the nudging and nagging ‘libertarian paternalism’ of Western political elites, who feel that the majority of us are just not to be trusted with our own lives, liberty remains a far from universal principle. Yet this only makes the principle all the more important to defend. The promise of being able to exercise one’s autonomy, writ so large and powerfully in the self-consciousness of liberalism’s greatest proponents, from Locke to Mill, may have been developed on the material basis of a property-owning few, but its political and moral importance transcends its economic origins.

Is dit nie die kern van die probleem nie, vryheid is net beskore vir die wat dit reeds het, terwyl ander dit verbied word en dit was die mislukking hier ook en kan dalk nog steeds faal, maar vryheid gewaarborg vir alle burgers van die land waar daardie burgers volkome ingesluit was in die bestuur van die land, was die mislukking hier.

Dit was wat die New York Times, artikel na artikel uitgelig het en in hulle redaksionele kommentaar veroordeel het.

Dit is verstommend hoeveel artikels in die 50’s, 60’s, 70’s, 80’s, en 90’s oor die toestand hier publiseer was.

Dit is ook insiggewend dat twee van die New York Times se onlangse uitvoerende redakteurs burohoofde in Suid-Afrika was, naamlik Joseph Lelyveld en Bill Keller, net soos John F Burnes in detail verslag gelewer het oor Suid-Afrika in die 80’s en uiteindelik die oorlog in Irak gedek het en nou nog op BBC se Dateline London verskyn.

Baie dankie

Wouter

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top