Raak romanties met LAPA, Satyn en Tafelberg Uitgewers: Wenner bekend

  • 1

Daar is iets in die lug en dit ruik na romanse: rose, donker sjokolade, sjampanje. Maanligaande, lang wandelinge op verlate strande, passievolle liefde wat vir ewig hou.

Daar is iets in die lug en dit klink na die tipe ding wat net in boeke gebeur. Romantiese boeke soos Troukoek maak nie vet nie, Geur van vergifnis of ’n Satyn-omnibus met drie heerlike liefdesverhale om die hartsnare te roer.

Daar is iets in die lug: ’n lugpospakkie met drie boeke vol van die romanse wat in die regte lewe kortkom. En dis dalk net op pad na jou toe!

Stuur jou naam en posadres na [email protected] met "Valentyn" as die onderwerp van jou e-pos, en jy kan ’n Valentynsdag-boekpakkie met komplimente van LAPA, Satyn en Tafelberg wen. Die boekpakkie bestaan uit:

Geur van vergifnis deur Alta Cloete

Satyn Omnibus 1 met Een keer in’n leeftyd deur Marijke Greeff, Hartsake deur Vita du Preez en Vlinder teen die ruit deur Ettie Bierman

Troukoek maak nie vet nie deur Kristel Loots.

Onbeskaamde romanse, net wanneer jy dit nodig het.

Met liefde, van LitNet

 

Klik op die voorblaaie om dié boeke by Kalahari te koop.

 
Wenner:
Amanda Cronje van Moorreesburg.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top