Ek het ’n klein beseringtjie gehad in begin van Desember 2011. Die prognose was nie baie goed in hospitaal by ontslag, want my bloedtelling vir kans om infeksie te kry in die wonde. Wel, ek het in pyn by huis gesit, op Google rondgekrap en navorsing in rotte uit 1980's gekry. Dit het na Vitamien C, B-6, zink en magnesium verwys. Antibiotika werk infeksie teen, pynstillers vertraag die heling. So, my dilemma was dat niks voorgeskryf was vir die heling van die wond nie. 1 van my ekse het aangedring om my op te laai en mikrogolf etes vir my te koop, want ek kon baie moeilik loop en glad nie bestuur nie. Ek het met sakke vitamiene by huis aangekom. Vit C moet so 1000mg per 10kg liggaamsgewig gedrink word. Die Vit B6 en B3 in kleiner hoeveelhede en zink en magnesium soos aangedui as daaglikse dosis. Zink en magnesium kan opbou tot giftige vlak. Ja, ek het die pyntablette, oor die toonbank-tipe voorgeskryf, in badkamerkas gegooi en Panamor gekoop instede. Alles vir onder R200. Ek moes die antibiotika klaarmaak, alles goedkoop en vir verkoue volgens vou biljette? Ek is al van 19/12/2011 by werk. Ek het die arbeidsterapie en fisio geweier. Sommer ’n rekdruk-handstut vir R50 gaan koop. Ook slaappille. Ek het al motorfiets gery, maar die vel breek op die sny. Ek dink dat alternatiewe raad nie goed vir almal is nie, maar met bewese navorsing tog mediese meriete het, meer as die saline drup wat teen R300 een deur ’n man gejaag word in die hospitaal, terwyl dieselfde vir so R50 by ’n apteek teen wins gekoop kan word. Dan is geduld en baie rus nodig. Mediese dienste is beslis oorprys in SA en veral ’n hospitaal bed teen R5000 ’n nag. My opinie is dat ek by baie gastehuise ’n beter en skoner privaat bed, badkamer en toilet kon gehad het en baie baie beter kos. Die inflasie agv onproduktiewe arbeid selfs in SA privaatsektor is skandalig.
Hans Richardt

