"Quick Shop-Kamer" deur Kobus van Rooyen

  • 0

Quick Shop-Kamer

Verse

Ek sit en rook alleen in die donker
Met elke trek van jou word my lewe bietjie korter
In my Quick Shop-kamer is ek gelukkig
en geseën
Want jy is by my al is ek alleen

REFREIN:
So gee my
nog 'n trek, gee my nog 'n soen
'Seblief my lief
Want een fix van jou
sal net nooit genoeg wees nie
My verslawing is die minor key
en ek kan nooit genoeg kry nie
So trek maar hard
en rook maar klaar
'n Stukkie van my bly maar
altyd daar

Nog 'n aand verby
Nog 'n pakkie daarmee heen
My ashes waai verward verby
en val om my soos reën
In my Quick Shop-kamer is ek
gelukkig en geseën
Want jy is by my al is ek alleen

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top