Dit was 'n half snaakse opskrif in die koerant wat elke Sondag verniet by werk afgelaai word. Toe kom ek agter dis 'n vroue-punk groep wat amper 'terroriste'-status in Rusland bereik het, agv uitlatings oor Russiese Ortodokse Kerk. Waar is die dae toe ons verplig was om ons sente op die kerk se paadjie te pak, vir sendingwerk agter 'ystergordyn'? Waar is daardie geldjie heen, want die kerk in Rusland is nou erger as 'kommuniste' oor suggestiewe 'band' name. Wonder of die Gulaghs in Rusland nog bestaan?
Hans Richardt


Kommentaar
Die nuwe Stalin van Rusland, die heer Putin, is nou kop onder een mus met die Russiese Ortodokse Kerk, en omdat Pussy Riot n performansie in die Russiese Ortodokse Basilica van Moskou gehou het waar hulle god aanroep vir die bevryding van Rusland van Putin- stalinisme, verdien hulle volgens die strafreg minstens 3 jaar gevangenis. Vêr- vêr van die dae toe Stalin I godsdiens met n ysterhand onderdruk het. Nou besef die moderne Stalin II ou waarhede: hoe die invloed van die kerk aangewend kan word in massabeheer, in dienste van n aspirant diktator.
Pieter
Pieter
Omtrent 'n jaar laas van jou gehoor. Lekker om jou menings weer hier te gewaar. Hoop ons hoor nog vele meer in die nabye toekoms
Jaco Fourie