Dit was gestig om Dopper-predikante op te lei en het later uitgebrei om onderwysers op te lei.
In Orania het die Kampusprojek begin om eie ambagsmanne en ambagsvroue(?) op te lei, want die behoefte en prioriteit is om nou Orania te ontwikkel. Alle fasiliteite bestaan vir uitbreiding van hierdie kampusprojek tot volwaardige universiteit. Die probleem is, as hierdie kampusprojek enkel-akkommodasie kan vestig, kan die projek na universiteit uitgebrei word. Tans is daar kleinsake, wat min werkgeleenthede skep. Wat nodig is om versnelde volhoubare groei te kry, is meer fabrieke.
Dus, Akademia kampus en beleggers! Burgersdorp in Ooskaap was die ontstaan van PU vir CHO. Tyd om weer te desentraliseer uit metropole na Groot Karoo. Vir my maak Orania sin. Dis naby N12 en Kimberley, waar bus, trein en lugrederye beskikbaar is. Dis ver genoeg om rustigheid van enige universiteitdorp te ewenaar! Ek dink dat selfs 'n leivoor met laning eikebome haalbaar is by kampus ...
Noem dit Koos de la Rey, wat doodgeskiet was deur politieke korrektes omdat hy kolonialisme tot sy dood teengestaan het.




Kommentaar
Wel, as studente het ons dit Hoog-keellangs gehou ...
Die eertydse Dawie du Plessis-koshuis het so 'n voor gehad. As iemand by die ander koshuise gekys geraak het, is hy geheining. By Dawiedup is hy gewatervoor.
Koos de la Rey is per ongeluk doodgeskiet toe sy drywer nie wou stilhou by 'n padblokkade nie.
Ek was in Over-de-Voor. Lyk my Angus was in Agterstevoor ...
O ja Angus, agter die voor was Makouvlei ... Hul het altyd verdwaas gelyk. Seker die min slaap daar langs die treinbrug ...
Liberalia se ouens het darem kultuur gehad. Al het hulle altyd voor in ry gestaan en gestorm by eetsaal ...
Nou verstaan ek. Ou Hans is nou Over-de Wal.
Hooghollands het al in Van Riebeeck se tyd hier uitgesterf.