b’voordeelde, b’nadeelde, beide inne pseudo-fantasie,
magsjagt’r’s beste ner’ng, mark g’tuig vanne skeur’ng,
tussen ivoortor’ngnar, hek- en lyfwag, ja, na b’wer’ng,
“ras” en “klas” nu suiwer fiksie, ’n Self-v’rbeeld’ illusie
submissiveer Mens Mens Self, vrywill’g, sonn’r dwang,
siel-’n-gees, streng toeg’wy tot hoofd’moonsdwal’ng,
strategies onortodoks, opgrader’ng, glattie afskal’ng,
finaal verwerp’ng v’n Naaste-liefde, aysh, swanesang
foet’r onkund’-ontkenner vort, v’rbrand allie Boeke,
soek na ’n roete, yt “Duiw’lspiek”-doolhof, werkl’k,
v’rlaag kapitalis “Ann’r” tot kommoditeit, onwaard’g
Millennium Drie Krisis, chaoties fiasko, yt allie hoeke,
Self-d’struksie wet’nskapl’k G’wete-loos, ultra-hagl’k,
struktuurg’weld, suurreën, oorlog, als so onregverd’g
Jacobus Faasen

