Pêrrebytjie en die bevolkingsgroepe

  • 0

Ek het toe navraag by die volkekundige gedoen en ek gaan traai om vir jou sy opinie weer te gee: Volgens hom is die Damara, die Nama en die Boesman nie verwant aan mekaar nie. Die Boesman lyk mos amper Mongolies. Die Namas het egter vir baie lank die Damaras as slawe onderdruk en altwee praat eintlik nou ’n dialek van die Namataal. Weens onder-kuiery deur die jare, lyk die Nama en die Damara ook na mekaar. Hy sê ook die Damara, anders as die Nama, was oorspronklik nie Negroïties van oorsprong nie.

Die Himba en die Herero is verwant aan mekaar en praat dieselfde taal. Die Herero’s het vanuit die noorde gekom, so half oos deur Besjoeanaland en was nomadies en het aanklank gevind by die Duitse sendinge en daarom is daai woeste rokke vandag nog die Herero-vroue se tradisionele drag. Die Himba het uit die noorde van Angola se kant gekom en kom vra vir grond om op te bly en dis waar die naam “Himba” vandaan kom, wat nie ’n Herero-woord is nie en dit beteken eintlik bedelaar!

Interessant ... vir wat dit werd is. Hoop dit help effe ...

Namib

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top