Ek’s self nie ’n kenner op die gebied nie, maar so in algemene terme is die sogenaamde “klipka...ers” wel die Damaras. Die Damaras en die Namas praat dieselfde taal, maar dit is eerder die Damaras wat die Namas se taal “oorgeneem” het. Die Damaras was nog altyd die meer gematigde deel van die swart bevolkings van ons land en is daarom blykbaar deur vele van die ander bevolkings as slawe gebruik veral oor hulle kundigheid om met yster te werk. So het hulle eie unieke dialoog so stilletjies amper verdwyn. Die Himba is ’n volk op sy eie, maar hulle is verwant aan die Herero’s en hulle praat ook dan Herero. Ek weet egter van ’n volkekundige hier in ons omgewing en hy het sy meesters gedoen juis op die Himba. Ek sal hom presies vra en dan vir jou laat weet.
Namib

