Protea-weggee: Kinderboeke. Wenner aangekondig!

  • 0

Maak jou kinders van kindsbeen af verlief op boeklees met hierdie boekpakkie geskenk deur Protea Boekhuis:

Karnallies
Antje Damm

Karnallies is baie stout. En vreeslik ongeskik. Maar as dit saakmaak, help hulle mekaar! Is daar nie 'n karnallie in elke kind nie? Antje Damm is in 1965 in Wiesbaden, Duitsland, gebore en het in Darmstadt argitektuur gestudeer. Sy woon met haar man en vier dogters naby Giessen. In al haar boeke merk 'n mens haar besondere begrip van kinders op. Die storie is perfek vir selflees en voorlees.

Koop Karnallies by Kalahari.com!

Die storie van die klein gaatjie
Isabel Pin

Die gaatjie word al kleiner en die diere al hoe nuuskieriger! Die storie is pragtig geillustreer en perfek vir selflees en voorlees.

Koop Die storie van die klein gaatjie by Kalahari.com!

Die raasbek-bangmaak-boek
Sam Taplin

'n Boek met byklanke. Die klanke sit in die knoppies. Kekkelende hekse, brullende monsters, kermende spoke … Maak hierdie boek oop en gaan 'n wereld van bangmaak-klanke binne – mits jy dapper genoeg is! Slobber, borrel, gorrel ... Krrraak ... Kletter, klater! Ha, ha, ha, ha!A-hoeeeeee! Klein handjies sal nie hierdie klankknoppies kan weerstaan nie.

Koop Die raasbek-bangmaak-boek by Kalahari.com!

Agent Alex: Spioenkop Akademie
Justin Richards

Spioenkop Akademie is 'n eksklusiewe skool vir seuns en meisies van ouderdomme 8 tot 18. Al ons leerders is in hierdie skool omdat hul ouers of voogde op ’n manier betrokke is by die Geheime Diens. Spioene en geheime agente stuur graag hul kinders na Spioenkop Akademie, want hulle weet die kinders is hier veilig teen enige bedreiging. As die Geheime Diens hulp nodig het van die jongelinge vir een van hul geheime sendings of as een van die skorriemorries van daardie verfoeilike organisasie, die Pioniers van Onderduimsheid en Vernietiging (POEV), probeer om die skool oor te neem of een van ons onderwysers ontvoer, sal ons leerders reg wees.

Koop Agent Alex: Spioenkop Akademie by Kalahari.com!

Stuur 'n e-pos aan [email protected] met "Protea-weggee" as die titel van jou e-pos. Onthou om jou kontakbesonderhede en posadres in te sluit!  Die sluitingsdatum is 10 Mei 2012.

Wenner: Annora Cloete, Highveld Park

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top