Protea kinderboek-weggee

  • 0

Protea Boekhuis gee 4 lekker kinderboeke weg! Stuur 'n e-pos aan wen@litnet.co.za met "Protea kinderboek-weggee" as titel. Onthou om jou kontakbesonderhede en posadres in te sluit. Die sluitingsdatum is 18 Februarie.

Lillie die heksie keer die skool op sy kop
KNISTER

Die bekoorlike Lillie, wat saam met haar ma en boetie Leon woon, is ’n doodgewone dogtertjie … of so dínk sy, tot sy op ’n dag ’n towerboek langs haar bed ontdek. Maar niemand is veronderstel om van haar toordery te weet nie – want towerkunsies is nie kinderspeletjies nie!

In Lillie die heksie keer die skool op sy kop besoek ’n inspekteur Lillie se skool om haar juffrou te assesseer, en Lillie trek sommer gou haar towerboek nader om te sien of enige towerkunsies kan help om die inspeksie met vlieënde vaandels te laat slaag. Maar, o gedorie, alles loop nie soos Lillie dit beplan nie!

Bang jy wen nie? Koop Lillie die heksie keer die skool op sy kop by Kalahari.com!

Lillie die heksie se towerkaskenades
KNISTER

Die bekoorlike Lillie, wat saam met haar ma en boetie Leon woon, is ’n doodgewone dogtertjie … of so dínk sy, tot sy op ’n dag ’n towerboek langs haar bed ontdek. In ’n japtrap is Lillie fluks op pad om al wat ’n towerkunsie is onder die knie te kry … maar nie altyd sonder onverwagse gevolge nie. Boonop is niemand veronderstel om van haar toordery te weet nie – want towerkunsies is nie kinderspeletjies nie!

In Lillie die heksie se towerkaskenades gaan Lillie by haar ouma kuier, en net vir die pret beplan sy om sprokieskarakters op te toor om haar en Ouma se sprokiesvertellinge meer oemf te gee. Min weet Lillie watter gevolge haar towerspeletjies op haar ouma se woonstelbestuurder gaan hê!

Bang jy wen nie? Koop Lillie die heksie se towerkaskenades by Kalahari.com!

Koning van die woud
Caroline Pitcher

Alles wat hy in die woud hoor, is vir klein Tier nuut en opwindend. Maar as hy sy mamma van die geluide vertel, antwoord sy: “As jy hulle nie hoor nie, my seun, moet jy weet: Die Koning van die woud is hier!”

Tier verstaan dit nie en vra sy vriende (pronkende Pou, verstrooide Renoster en trompetterende Olifant) om te help besluit: Wie is die Koning van die woud?

Bang jy wen nie? Koop Koning van die woud by Kalahari.com!

Protea se plakfeetjies
Leonie Pratt

Ontmoet Hermien, Rosalien en Wilmien, drie deftige feetjies in 'n plakkerparadys. Volg die feetjies soos hulle deur blomryke weivelde fladder, oor boomtoppe vlieg en sneeuvlokkies vang.

Besoek die plakkerbladsye met meer as 400 plakkers in die middel van die boek om die feetjies met klere en bykomstighede te versier. Maak jou gereed vir ure se feetjie-feestelikheid!

Bang jy wen nie? Koop Koning van die woud by Kalahari.com!

 

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top