"Probeerslag" deur Jeaun Fouché

  • 0

Probeerslag

As ek kon, sou ek nie wou dink aan dit wat kom
dit wat my logiese wensdenke dialogies opsom
my afgewagte besluite sal tog met tyd roes
tweede kanse kan ek op my een hand tel
veronderstel dat dinge dalk volgende keer anders gaan wees

KOOR:
Al is die lig soms af
kry my halfpad
dalk sal my probeerslag die keer opdaag
beheer die vlam, nie die wind nie
ingedoen
in die binnebaan versoen
hoop ek weet wat ek doen

Jou stemtoon, my gemoedsrus
ek is net soms van my impulsiewe aksies bewus
ek moet die idee dalk nou al ontgroei
solank ek iets hieruit leer
dit het my so lank gevat om hier uit te groei

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top