"Probeerslag" deur Corné Muller

  • 0

Probeerslag

Tyd verteer vinnig
My oog se kraan tap ’n hartseer traan
Vanaand

Verlange neem emosies oor
Die uurglas loop leeg
Ons lewens lê in die toekoms toegevou.

Koor

Gee my net vlerke om te vlieg
Laat my hang aan gare
Laat die reën my skoon was
Verwyder net die swart uit my hart

Want

Tyd verteer vinnig
My oog se kraan tap ’n hartseer traan
Vanaand

Verlange neem emosies oor
Die uurglas loop leeg
Ons lewens lê in die toekoms toegevou.

Koor

Gee my net vlerke om te vlieg
Laat my hang aan gare
Laat die reën my skoon was
Verwyder net die swart uit my hart

Brug

Ek bly nog steeds ’n kind
Wat net probeer om te glo
Elke dag

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top