Primêre Prijs

  • 0

issie net noodwendig nettie rijmwoord wat moet rijm,
struktuurgeweldstelsel na allie jare nog presiesie sijm,
bly oplossing verhul, so byna ‘top secret’, staatsg’heim,
missionaris soms’p verdwaalspoor, “Duiwelspiek”-Missie

smaail demoon “Duiwelspieklik”-sieklik, horing-tot-horing,
Self-destruktionis nie gefokus, ingesteld oppe Herwinning,
soek slaaf mossie graag m’t Gewete-eiene sommer skoor,
te veel keer voorheen alles wat lieflik is, sodoende v’loor

aan Skepper, Skeppingsgesindes, kom toe al Mens se Eer,
verruklikheid, verloklikheid, verleiding, lus, lis, weg t’weer,
Lewe Een, in al haar volheid, sowaar, net Begin vannie Reis

nie alle gelowiges so ultra-super-pseudo, deurie blare,
party sien Wonderwerk op Aard, hoor vanne Leërskare,
wat staan en sing, wuifend, prysend, reg voor Sý Paleis

God Sy G’dank, virrie water, uit Sy Hand, Seën van reën,
Millennium Drie Homo Spes Op, Oorlewingsgewys, byeen,
want Lewe Twee Lewe, Voorreg van Reg, dís Eerste Prys

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top