"Prikkelbaar" deur Marli Visser

  • 0

Het jy al ooit gewonder
Waar en wanneer dit ingeboor was?
Die mentaliteit wat vir ons voorgeskryf word
In die eenvoud en eendimensionele donker
Waar my siel opgebruik is
En ek wil nou hier uit
Vergaan
Hierdie kleedrepetisie raak nou te lank
Die lewe lê wyd en oop
Ek wil nou
Ek wil gaan

Hierdie nuttelose woorde omvou my
In ? toestand van ongeloof
Wantrou en wanbegrip is die rede
Waarom almal rondom ons twyfel
Dit laat my koud
Die idee van kortsigtigheid
Die swaarmoedigheid is die promosie van jou toekoms
Die moraliteit van jou stem
Weerspieël jou gebroke gevoelens
Ek is moeg

Jy plaas jouself op jou eie podium
En laat my geduld tasbaar
Dis besig om my gemoed te prikkel
Sieldood en sielalleen
My hand is nou moeg geskryf
Aan die lewe wat almal hier lei
In ? ry, sonder om self te kan dink
Volg die leier en jy sal oorleef
Ek is tasbaar
Ons is gevoelloos
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top