Preserveer
Oomblikke gevange in hangende foto’s
Klein ewighede gebêre in omraamde eggo’s
? Erkennende kopknik
merk jou op, beur jou op, som jou op
REFREIN:
Preserveer my hartklop in akkoorde
En verewig my in ? liedjie se woorde
Laat lirieke vlaktes vul
Die note soos riviere bloei
En soet sal die end wees
met God wat Sy kind kom roep
Flitsende geheue spoel toeka se tydinge
blyspelend terug
Hulde aan die wie ons omsingel het
Kompetisie is aards
Almal wen ? stukkie grond
Al waarna ons soek
is die gevoel van saam
Wat jy agterlaat
in nagedagtenis
? Erfenis van kalmte
vir die mense wat jou mis
REFREIN
Geniet die avontuur
sonskyn en natuurlik
Die mense om jou hier
Leer herken harte wat in winter en somer
Daar sal wees, waar jy is
wanneer jy nie meer hier is
REFREIN
Soos sterre skynbaar die hemelruim belig
So ook rek die oë
by die besef dat alles verby is
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


