premeditatief

  • 0

‘s’t nou, of nooit, dese deng, Gewete-herwinning,
t’n minste, wat daarvan, fisies, eksisteer, b’staan,
want sedert banvloek over Mens, Verbatim g’Uiter,
man en vrou, kaalgat, uit Oerparadys uit Verdryf,
deur Heerser na vervlakking g’Ekskommunikeer,
nes toentertyd, Mens, yt Distrik Ses, Koffiefie yt is,
nes Kaaps bergleeu, te lief vir inkommervee, prooi,
opgestop, afgestof, oulikies verpak, aan kurioïs gepos,
nes Sarah Baartman, op ’n struktuurgeweldsirkustoer,
lag skoolkinders haar uit, was mos net ’n “Hotnotmeid”,
Eerste Mens-geeste, in museumkelders mekaar beloer,
Afrika-naïwiteit uitgebuit, geëksploiteer, verdehumaniseer,
via Woord van God, grensbaken, via perd, hond, Boer se roer,
Eerste Mens, na soveel eeue nog duidelik in Eerste Mens moer,
submissief, aan onthouding, van Mens-Wees, mede-Menslikheid,
dromend, hallusinerend, oor dag van erkenning, van Vryheid

Vader, Mens is super-ultra-onmenslik, Gewete-loos, wreed,
Liewe Heiland, hoe oorleef Homo Sapiens Sapiens dié Stryd,
hierie weergawe van neo-apartheid’t misluk, g’flop, as beleid,
nou’s’t tyd, twintig twaalf, vir spring uit kas van “ras”en “klas”,
uit kaste-ideologie van feitlik ondenkbaar onaantasbaarheid,
veel eerder toe te spits op Lewe Twee, op Onverganklikheid

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top